YouVersion Logo
Search Icon

Sagaria 6

6
Agtste visioen
1 Toe ek weer kyk, sien ek daar kom sowaar vier strydwaens tussen twee berge uit – die berge was van brons. 2Die eerste strydwa het vosperde gehad, die tweede swart perde, 3die derde wit perde, en die vierde strydwa skimmelperde. Dit was sterk perde.
4Toe begin ek praat en vra vir die engel wat met my gepraat het: “Wat beteken dit, meneer?” 5En die engel antwoord my en sê: “Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle voor die Heer van die hele aarde verskyn het. 6 Die strydwa met swart perde gaan na die noordelike gebiede, die wittes gaan agterna en die skimmel gaan na die suidelike gebiede. 7Hierdie sterk perde het uitgetrek, gretig om die aarde te deurkruis, want die Heer het gesê, ‘Gaan, deurkruis die aarde!’ En hulle het die aarde deurkruis.”
8Die engel het hard na my geroep en verklaar: “Kyk, hulle wat na die noordelike gebiede gaan, bring my Gees tot rus in daardie gebiede.”
9Dit was die woord van die Here aan my: 10“Neem geskenke van die ballinge, Geldai, Tobia en Jedaja, wat uit Babel gekom het, en gaan self op dieselfde dag na die huis van Josia, seun van Sefanja. 11 Neem dan silwer en goud, maak 'n kroon en plaas dit op die kop van die hoëpriester Josua, seun van Josadak.
12“ Sê dan vir hom: ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte, “Hier is 'n man wat Loot genoem word. Daar waar hy is, sal hy uitspruit en die •tempel van die Here bou. 13 Hy is die een wat die tempel van die Here sal bou, hy is die een wat koninklike eer sal uitstraal. Hy sal sit en heers op sy troon. Daar sal ook 'n priester op sy eie troon wees en daar sal eenstemmigheid wees tussen hulle twee. 14En die kroon sal in die tempel van die Here bly ter herinnering aan Gelem, Tobija, Jedaja en Gen, seun van Sefanja. 15 Mense sal van ver af kom om aan die tempel van die Here te bou. Dan sal julle weet dat dit die Here, Heerser oor alle magte, is wat my na julle gestuur het. Dit sal gebeur as julle getrou luister na die stem van die Here julle God. ” ’ ”

Currently Selected:

Sagaria 6: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy