YouVersion Logo
Search Icon

Sagaria 5

5
Sesde visioen
1 Ek het weer opgekyk en gesien: Daar was 'n vlieënde •boekrol! 2Die engel sê toe vir my: “Wat sien jy?” Ek het geantwoord: “Ek sien 'n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.”
3 Daarop sê hy vir my: “Dit is die vloek wat oor die hele land uitgestuur word: Volgens die een kant van die boekrol sal elkeen wat steel, uitgewis word en volgens die ander kant van die boekrol sal elkeen wat vals sweer, uitgewis word. 4Ek het die vloek uitgestuur,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Dit sal die huis van 'n dief binnedring en ook die huis van elkeen wat by my Naam vals sweer. Die vloek sal in sy huis bly en dit verwoes, die hout en ook die klippe.”
Sewende visioen
5 Daarop tree die engel wat met my praat na vore en sê vir my: “Kyk tog mooi en let op wat hier aankom.”
6Toe sê ek: “Wat is dit?” En hy antwoord: “Dit is 'n graanmandjie wat hier aankom.” En hy sê verder: “Dit is die sondeskuld van die hele land.”
7Meteens word die looddeksel opgelig, en daar sit 'n vrou binne-in die mandjie.
8En die engel sê: “Dit is die goddeloosheid.” Hy het haar in die mandjie teruggedruk en die looddeksel oor die opening geplaas. 9Toe ek opkyk, sien ek: Daar kom twee vroue aan met wind in hulle vlerke! Hulle het vlerke soos 'n ooievaar gehad. Hulle het die mandjie opgelig en tussen hemel en aarde laat hang.
10Ek vra toe die engel wat met my praat: “Waarheen neem hulle die mandjie?”
11En hy antwoord my: “Na die land Sinar om vir die mandjie 'n huis te bou; en wanneer die huis gereed is, sal die mandjie op sy voetstuk geplaas word.”

Currently Selected:

Sagaria 5: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy