YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 41

41
1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Gelukkig is die mens
wat die hulpelose in ag neem;
op die dag van onheil
sal die Here hom laat ontkom.
3Die Here sal hom beskerm
en in die lewe hou;
hy sal gelukkig genoem word
in die land.
U moet hom nie uitlewer
aan die begeerte van sy vyande nie.
4Die Here sal hom ondersteun
op sy siekbed.
Waar hy ook al siek lê,
maak U hom gesond.
5Ek, ek het gesê:
Here, wees my genadig,
genees my tog,
want ek het teen U gesondig.
6My vyande wens my kwaad toe,
‘Wanneer sterf hy
en verdwyn sy naam?’
7As iemand my besoek, huigel hy;
in sy hart koester hy onheilsgedagtes
en as hy buite kom, dan praat hy.
8Almal wat my haat,
fluister onder mekaar oor my.
Teen my beplan hulle onheil
9Hulle sê,
‘Iets slegs het hom aangetas,
en hy wat daar lê,
sal nie weer opstaan nie.’
10Selfs my vriend wat ek vertrou het,
hy wat my brood geëet het,
het die hakskeen teen my gelig.”
11Maar U, Here, wees my genadig
en laat my opstaan,
sodat ek hulle kan vergeld.
12Hieraan weet ek
dat U my goedgesind is:
dat my vyand nie oor my juig nie.
13Wat my betref,
omdat ek onberispelik is,
ondersteun U my.
U laat my altyd
in u teenwoordigheid staan.
14 Die Here, die God van Israel,
moet geprys word,
van ewigheid af en vir ewig.
Amen, amen.

Currently Selected:

Psalms 41: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in