YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 24

24
1Van Dawid. 'n Psalm.
Aan die Here behoort die aarde
en die volheid daarvan,
die wêreld en dié wat daarin woon,
2want Hy het dit op oseane gegrond
en op strome gevestig.
3 Wie mag teen die berg
van die Here opgaan
en wie mag in sy heiligdom staan?
4Die mens met skoon hande
en 'n rein hart
wat nie na nietigheid hunker
en nie sweer by wat vals is nie,
5sal seën ontvang van die Here
en •geregtigheid van die God
wat hom red –
6dit is die geslag wat na Hom soek,
hulle wat u teenwoordigheid opsoek,
dit is Jakob. •Sela
7Lig op julle koppe, poorte,
ja, lig julleself op, ewige ingange,
sodat die roemryke Koning
kan ingaan.
8Wie is hierdie roemryke Koning?
Die Here, magtig en heldhaftig,
die Here, heldhaftig in die stryd.
9Lig op julle koppe, poorte,
ja, lig op, ewige ingange,
sodat die roemryke Koning
kan ingaan.
10Wie is Hy,
hierdie roemryke Koning?
Die Here, Heerser oor alle magte,
Hý is die roemryke Koning. Sela

Currently Selected:

Psalms 24: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in