YouVersion Logo
Search Icon

1 Thessalonisense 1

1
1Paulus, Silvanus en Timoteus,
aan die •gemeente van die Thessalonisense, in God die Vader en die Here Jesus •Christus:
Genade vir julle en vrede.
Danksegging
2-3Ons dank God altyd oor julle almal wanneer ons aan julle dink in ons gebede. Voor God ons Vader onthou ons onophoudelik die uitwerking van julle geloof, die moeitevolle inspanning van julle liefde, en die standvastigheid van julle hoop op ons Here Jesus Christus. 4Broers, julle vir wie God liefhet, ons weet van julle verkiesing; 5want ons evangelie het nie alleen deur die woord nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en in volle versekering na julle gekom.
Net so weet julle hoe ons optrede by julle was: tot julle voordeel. 6En julle het ons voorbeeld gevolg en dié van die Here, nadat julle die woord, ten spyte van groot verdrukking, met blydskap van die Heilige Gees ontvang het, 7 met die gevolg dat julle 'n voorbeeld vir al die gelowiges in Macedonië en Agaje geword het. 8Die woord van die Here het immers van julle af, nie net in Macedonië en Agaje weerklink nie – julle geloof in God het inderdaad na elke plek versprei. Gevolglik het ons nie nodig om meer iets daaroor te sê nie. 9Hulle self vertel oor ons van die besondere ontvangs wat ons by julle gekry het:
Hoe julle omgedraai het na God,
weg van die afgode,
om die lewende en ware God te dien,
10en om sy Seun wat Hy uit die dode opgewek het,
uit die hemel te bly verwag –
Jesus, wat ons red uit die oordeel wat kom.

Currently Selected:

1 Thessalonisense 1: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy