YouVersion Logo
Search Icon

Kolossense 4

4
1 Julle, eienaars, julle moet aan julle slawe gee wat reg en billik is, in die wete dat julle ook 'n Eienaar in die hemel het.
Gebed en optrede met wysheid
2Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. 3Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons 'n deur vir die Woord sal oopsluit, om die misterie van •Christus te verkondig – dit waarvoor ek in boeie is – 4en bid dat ek dit met die regte woorde sal kan verduidelik. 5 Tree met wysheid teenoor buitestanders op, en koop die tyd uit. 6Julle woorde moet altyd van goeie smaak getuig, met •sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe om 'n ieder en 'n elk te antwoord.
Laaste opdragte en groete
7 Tigikus, die geliefde broer, getroue dienaar en medewerker in die Here, sal alles oor my omstandighede aan julle bekend maak. 8Juis hiervoor stuur ek hom na julle, sodat julle van ons omstandighede kan weet, en sodat hy julle harte kan bemoedig. 9Ek stuur hom saam met Onesimus, die getroue en geliefde broer, wat van julle af kom. Hulle sal julle alles van ons omstandighede hier vertel.
10Aristargus, my medegevangene, stuur groete vir julle, en ook Markus, Barnabas se neef. Oor hom het julle reeds opdragte ontvang – wanneer hy by julle kom, verwelkom hom. 11Dieselfde geld ook Jesus, wat Justus genoem word. Van diegene wat uit die besnydenis kom, is hulle die enigste medewerkers vir die •koninkryk van God, en hulle het 'n troos vir my geword. 12Epafras, een van julle, 'n dienskneg van •Christus Jesus, stuur vir julle groete. Hy worstel voortdurend vir julle in sy gebede, dat julle volkome en met volle oortuiging staande mag bly in alles wat God wil. 13Ek getuig van hom dat hy baie moeite doen vir julle en die mense in Laodisea en Hiërapolis. 14Lukas, die geliefde dokter, en Demas groet julle. 15Groet die broers in Laodisea, en ook Nimfa, en die •gemeente wat in haar huis bymekaarkom. 16En wanneer hierdie brief by julle voorgelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van Laodisea voorgelees word, en dat julle ook die brief wat van Laodisea af kom, voorlees. 17Sê ook vir Argippus: “Let op die bedieningsopdrag wat jy van die Here ontvang het, sodat jy dit uitvoer.”
18 Dié groetwoord in my eie handskrif: Van Paulus. Dink aan my boeie.
Seëngroet
Die genade bly met julle!

Currently Selected:

Kolossense 4: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in