YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 8

8
Nageslag van Benjamin
1 Benjamin het Bela, sy eersgeborene, verwek, daarna Asbel, die tweede, Agrag, die derde, 2Noga, die vierde, Rafa, die vyfde.
3Bela het die volgende seuns gehad: Addar, Gera, Abihud, 4 Abisua, Naäman, Agoag, 5Gera, Sefufan en Guram.
6Die volgende was die nageslag van Egud – hulle was familiehoofde van die inwoners van Geba, en hulle het hulle na Managat weggevoer in ballingskap – 7Naäman, Agija en Gera. Gera is die een wat hulle weggevoer het, en hy het Ussa en Agigud verwek.
8Sagarajim het kinders verwek in die gebied van Moab nadat hy sy vroue Gusim en Baära weggestuur het. 9Hy het by Godes, sy vrou, Jobab, Sibja, Mesa en Malkam verwek, 10ook Jeüs, Sakeja en Mirma. Dit was sy seuns, familiehoofde. 11By Gusim het hy Agitub en Elpaäl verwek.
12Elpaäl se seuns was Eber, Misam en Semed – hy is die een wat Ono en Lod, met sy omliggende dorpies, gebou het. 13Beria en Sema was ook sy seuns. Hulle was die familiehoofde van die inwoners van Ajalon. Dit is hulle wat die inwoners van Gat laat vlug het.
14Agjo, Sasak, Jeremot, 15Sebadja, Arad, Eder, 16Migael, Jispa en Joga was die nageslag van Beria.
17Sebadja, Mesullam, Giski, Geber, 18Jismerai, Jislia en Jobab was die nageslag van Elpaäl.
19Jakim, Sigri, Sabdi, 20Eliënai, Silletai, Eliël, 21Adaja, Beraja en Simrat was die nageslag van Simi.
22Jispan, Eber, Eliël, 23Abdon, Sigri, Ganan, 24Gananja, Elam, Antotija, 25Jifdeja en Penuel was die nageslag van Sasak.
26Samserai, Segarja, Atalia, 27Jaäresja, Elia en Sigri was die nageslag van Jerogam.
28Hulle was familiehoofde, hoofde volgens hulle familiegeskiedenis. Dit is hulle wat in Jerusalem gewoon het.
29 In Gibeon het die stigter van Gibeon gewoon, en sy vrou se naam was Maäga. 30 Sy seun, die eersgeborene, was Abdon; verder Sur, Kis, Baäl, Nadab, 31Gedor, Agjo en Seker.
32Miklot het Sima verwek. Ook hulle het in Jerusalem regoor hulle stamgenote gewoon, saam met hulle stamgenote.
33Ner het Kis verwek, Kis het Saul verwek, en Saul het Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl verwek.
34Jonatan se seun was Meribbaäl, en Meribbaäl het Miga verwek.
35Miga se seuns was Piton, Melek, Tarea en Agas.
36Agas het Jehoadda verwek, en Jehoadda het Alemet, Asmawet en Simri verwek. Simri het Mosa verwek. 37Mosa het Bina verwek; sy seun was Rafa, dié se seun Elasa, en dié se seun Asel.
38Asel het ses seuns gehad, en dit was hulle name: Asrikam, Bogeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle almal was Asel se seuns.
39Sy broer Esek se seuns was Ulam, sy eersgeborene, Jeüs, die tweede, en Elifelet, die derde.
40Ulam se seuns was manne, dapper krygers wat 'n boog kon span. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, honderd-en-vyftig.
Hulle almal was van die nageslag van Benjamin.

Currently Selected:

1 Kronieke 8: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy