YouVersion Logo
Search Icon

1 Kronieke 7

7
Nageslag van Issaskar
1Issaskar se seuns was Tola, Pua, Jasub en Simron – 4.
2Tola se seuns was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Hulle was hoofde van hulle families vir die Tola-groep, dapper krygers, volgens hulle familiegeskiedenis. Hulle getal in die tyd van Dawid was 22 600.
3Ussi se nageslag was Jisragja, en Jisragja se seuns was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Hulle vyf was almal familiehoofde. 4As deel van hulle, van hulle families, was daar, volgens hulle familiegeskiedenis, vir gevegte 'n troepemag van 36 000, want hulle het baie vroue en kinders gehad.
5Hulle stamgenote, al die familiegroepe van Issaskar, was altesaam 87 000 dapper krygers, volgens hulle geslagsregister.
Nageslag van Benjamin
6 Benjamin se seuns was Bela, Beger en Jediael – 3.
7Bela se seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri, 5 familiehoofde, dapper krygers. Volgens hulle geslagsregister was hulle 22 034 man.
8Beger se seuns was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. Hulle almal was Beger se seuns. 9Volgens die geslagsregister van hulle familiegeskiedenis was hulle familiehoofde, dapper krygers – 20 200.
10Jediael se nageslag was Bilhan, en Bilhan se seuns was Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar. 11Hulle almal was Jediael se nageslag; volgens die familiehoofde was daar 17 200 dapper krygers wat as 'n leër oorlog toe kon gaan.
12Suppim en Guppim was die nageslag van Ir, en Gussim die nageslag van Ager.
Nageslag van Naftali
13 Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser, Sallum en die nageslag van Bilha.
Nageslag van Manasse
14 Manasse se seuns was Asriël, wat deur sy Aramese byvrou in die wêreld gebring is; sy het ook Magir, die vader van Gilead, in die wêreld gebring. 15Magir het vir Guppim en Suppim vroue geneem. Sy suster se naam was Maäga.
Die tweede seun se naam was Selofgad, maar Selofgad het net dogters gehad.
16Magir se vrou, Maäga, het 'n seun in die wêreld gebring, en sy het hom Peres genoem. Sy broer se naam was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.
17Ulam se nageslag was Bedan.
Dit was dan die nageslag van Gilead, seun van Magir, seun van Manasse. 18Moleget, Gilead se suster, het Ishod, Abiëser en Magla in die wêreld gebring.
19Semida se seuns was Agjan, Segem, Likgi en Aniam.
Nageslag van Efraim
20 Efraim se nageslag was Sutelag,
dié se seun Bered,
dié se seun Tagat,
dié se seun Elada,
dié se seun Tagat,
21dié se seun Sabad
en dié se seun Sutelag.
Wat Eser en Elad betref: Die mense van Gat wat in die land gebore is, het hulle doodgemaak omdat hulle afgetrek het om die mense se vee te vat. 22Hulle vader Efraim het lank oor hulle getreur, en sy broers het hom kom troos. 23Hy het met sy vrou omgang gehad, sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Hy het hom Beria genoem, want dit het gebeur tydens 'n ramp in sy huis. 24Sy dogter was Seëra. Sy het Bet-Goron-Onder en Bet-Goron-Bo gebou, en ook Ussen-Seëra.
25Refag was sy ander seun;
dié se seun was Resef,
dié se seun Telag,
dié se seun Tagan,
26dié se seun Ladan,
dié se seun Ammihud,
dié se seun Elisama,
27 dié se seun Nun
en dié se seun Josua.
28 Hulle grondgebied en woonplekke was Bet-El, met sy omliggende dorpies, na die ooste toe Naäran, en na die weste toe Geser, met hulle omliggende dorpies, asook Sigem, met sy omliggende dorpies, tot by Aja, met sy omliggende dorpies.
Manasse se woongebied
29Onder beheer van Manasse se nageslag was
Bet-San met sy omliggende dorpies, Taänag met sy omliggende dorpies, Megiddo met sy omliggende dorpies, en Dor met sy omliggende dorpies.
Dit is waar die nageslag van Josef, seun van Israel, gewoon het.
Nageslag van Aser
30 Aser se seuns was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria, en Serag was hulle suster.
31Beria se seuns was Geber en Malkiël; hy was die vader van Birsajit.
32Geber het Jaflet, Semer en Gotam, en hulle suster, Sua, verwek.
33Jaflet se seuns was Pasag, Bimhal en Aswat. Dit was Jaflet se seuns.
34Semer se seuns was Agi, Roga, Gubba en Aram.
35Sy broer Helem se nageslag was Sofag, Jimna, Seles en Amal.
36Sofag se seuns was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra, 37Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.
38Jeter se seuns was Jefunne, Pispa en Ara.
39Ulla se seuns was Arag, Ganniël en Risja.
40Hulle almal was Aser se nageslag: familiehoofde, uitgelese, dapper krygers, hoofde van leiers. Volgens hulle geslagsregister, met die oog op die leër in oorlogstyd, was hulle getal 26 000 man.

Currently Selected:

1 Kronieke 7: AFR20

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy