YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 31

31
Die Israeliete maak oorlog teen die Midianiete
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Die Israeliete moet die Midianiete straf oor wat hulle gedoen het. Daarna sal jy sterf.”
3Moses het vir die volk gesê: “Party van julle moet gereedmaak om oorlog te maak sodat julle die Midianiete kan aanval en kan straf soos die Here wil hê. 4Julle moet 1 000 manne van elke stam stuur om oorlog te maak.”
5Hulle het toe vir 1 000 manne van elke stam gesê om gereed te maak. Daar was 12 000 manne wat gereed was om oorlog te maak. 6Moses het hulle gestuur om oorlog te gaan maak. Daar was 1 000 manne van elke stam. Pinehas seun van die priester Eleasar het saamgegaan. Hy het die gewyde dinge by hom gehad, en ook die trompette wat hulle moes blaas. 7Die manne het oorlog gemaak teen die Midianiete, soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het al die mans doodgemaak, 8en ook die konings van Midian saam met die mans. Die vyf konings van Midian was Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Die Israeliete het ook vir Bileam seun van Beor doodgesteek. 9Die Israeliete het die vroue van die Midianiete en hulle kinders gevang en saamgevat. Hulle het ook al hulle diere, al hulle skape en bokke en al hulle goed gevat. 10Die Israeliete het al die stede waar die Midianiete gewoon het en al hulle kampe verbrand, 11maar hulle het al die goed en alles wat hulle kon kry, mense en diere, saamgevat. 12Hulle het die gevangenes en die goed wat hulle gevat het, na Moses en die priester Eleasar en na al die Israeliete toe gebring, hulle het dit gebring na die kamp wat in die Moab-vlakte naby die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo was. 13Moses en die priester Eleasar en die leiers van die volk het na die leër buite die kamp gegaan. 14Moses was kwaad vir die offisiere van die leër. Die offisiere was die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne wat teruggekom het van die oorlog. 15Moses het vir hulle gesê: “Het julle al die vroue laat lewe? 16Dit is die vróúe wat die Israeliete ontrou laat word het aan die Here. Dit was Bileam wat gesê het die Israeliete moet vir Baäl-Peor dien, en hulle het dit gedoen. Daarom het baie van die volk van die Here gesterf. 17Kom, julle moet nou elke seun doodmaak en elke vrou wat klaar by 'n man geslaap het. 18Maar julle mag al die dogters wat nog nie by 'n man geslaap het nie, laat aanhou lewe, julle mag hulle vir julleself neem. 19Julle moet julle tente buite die kamp opslaan en sewe dae daar bly, elkeen wat iemand doodgemaak het en elkeen wat aan 'n dooie liggaam geraak het. Julle en julle gevangenes moet julle reinig op die derde dag en op die sewende dag. 20Julle moet ook al julle klere reinig, en al die goed van vel en bok-haar en hout.”
21Die priester Eleasar het gepraat met die manne wat oorlog gaan maak het. Hy het vir hulle gesê: “Dit is wat julle altyd moet doen, die Here het vir Moses gesê julle moet dit doen: 22-23Julle moet alles wat nie kan verbrand nie, in vuur reinig. Dit is die goud, silwer, brons, tin en lood. Daarna moet julle dit ook reinig met die water wat mense rein kan maak. Julle moet die dinge wat kan verbrand, met water reinig. 24Julle moet julle klere was op die sewende dag, dan sal julle rein wees. Daarna mag julle terugkom in die kamp.”
Die goed wat hulle gevat het en die gevangenes
25Die Here het vir Moses gesê: 26“Jy en die priester Aäron en al die familieleiers moet die goed en die persone tel wat julle gevat en saamgebring het, al die mense en diere. 27Dan moet jy dit in twee dele verdeel. Gee een helfte vir die manne wat oorlog gaan maak het en een helfte vir die hele volk. 28Jy moet 'n deel neem van alles wat die manne kry wat oorlog gaan maak het, en jy moet daardie deel vir die Here gee. Die deel wat die Here moet kry, is een uit elke 500 van die persone, beeste, donkies, en skape. 29Jy moet dit neem van die helfte wat hulle kry en jy moet dit vir die priester Eleasar gee. Dit is 'n offer vir die Here. 30En jy moet 'n deel neem van die helfte wat die Israeliete kry. Jy moet een uit elke 50 neem, jy moet dit neem uit die persone, beeste, donkies, skape en bokke, en ander diere. Jy moet hulle gee vir die Leviete wat werk by die tempel-tent van die Here.”
31Moses en die priester Eleasar het gedoen wat die Here vir Moses gesê het. 32Die goed wat oorgebly het van alles wat die manne gevat het, was: 675 000 skape en bokke, 3372 000 beeste, 3461 000 donkies, 35en 32 000 vroue wat nog nie by 'n man geslaap het nie. 36Die deel wat die manne gekry het wat oorlog gaan maak het, was: 337 500 skape en bokke, 37en hulle het 675 daarvan vir die Here gegee, 3836 000 beeste, en hulle het 72 vir die Here gegee, 3930 500 donkies, en hulle het 61 daarvan vir die Here gegee. 40Die manne het 16 000 vroue gekry, en hulle het 32 vir die Here gegee. 41Moses het die deel van die Here vir die priester Eleasar gegee, dit was die offer vir die Here soos Hy gesê het.
42Die Israeliete se helfte wat Moses geneem het by die manne wat gaan oorlog maak het, 43was: 337 500 skape en bokke, 4436 000 beeste, 4530 500 donkies 46en 16 000 vroue. 47Moses het een uit elke 50 van die Israeliete se helfte geneem, dit was mense en diere. Moses het dit vir die Leviete gegee wat by die tempel-tent van die Here werk, dit was soos die Here vir Moses gesê het.
Die offers van die offisiere
48Die offisiere van die leër-groepe het na Moses toe gekom. Hulle was die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne. 49Hulle het vir Moses gesê: “Ons het die manne getel wat oorlog gaan maak het, ons was hulle leiers en ons lewe nog almal. 50Daarom het ons vir die Here 'n offer gebring van die goed wat ons elkeen gekry het, dit is goue goed, armringe, armbande, seëlringe, oor-ringe en ander juwele. Ons bring die offer om vir ons by die Here versoening te doen.”
51Moses en die priester Eleasar het die goud by die offisiere geneem. Al die goue goed 52het 16 750 sikkels geweeg, die goed wat die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne gegee het om 'n offer vir die Here te wees. 53Die manne wat gaan oorlog maak het, het elkeen vir homself goed gevat. 54Moses en die priester Eleasar het die goud by die offisiere geneem en hulle het dit na die tent geneem waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle het dit gedoen sodat die Here altyd aan die Israeliete kon dink.

Currently Selected:

Numeri 31: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy