YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 30

30
Geloftes
1Moses het vir die stamhoofde van die Israeliete gesê: “Dit is wat die Here gesê het:
2“Wanneer iemand 'n gelofte aan die Here maak of hy belowe dat hy iets sal doen en hy sê die Here moet die getuie wees, dan mag hy nie sy gelofte breek nie. Hy moet alles doen wat hy belowe het.
3-4“Wanneer 'n vrou nog jonk is en sy woon by haar ouers en sy maak 'n gelofte aan die Here, dan moet sy alles doen wat sy belowe het. Sy moet dit ook doen wanneer sy belowe om iets te doen en sy sê die Here moet die getuie wees, en haar pa hoor wat sy belowe het en hy sê niks. 5Maar as haar pa hoor wat sy belowe, en hy sê dadelik vir haar sy mag nie doen wat sy belowe het nie, dan moet sy dit nie doen nie. As haar pa so gesê het, dan sal die Here haar vergewe.
6“As 'n vrou getroud is en sy het 'n gelofte gemaak, of as sy iets belowe voordat sy goed gedink het, 7en haar man hoor dit maar hy sê niks, dan moet sy doen wat sy belowe het. 8Maar as haar man hoor wat sy belowe, en dadelik vir haar sê sy mag dit nie doen nie, dan stop hy die gelofte wat sy gemaak het en dan keer hy dat sy doen wat sy belowe het voordat sy goed gedink het. Die Here sal haar vergewe.
9“Maar 'n weduwee of 'n geskeide vrou moet doen wat sy belowe het.
10“Wanneer 'n getroude vrou 'n gelofte gemaak het of iets belowe het en gesê het die Here is die getuie, 11en haar man hoor dit en hy bly stil en hy sê nie sy mag dit nie doen nie, dan moet sy alles doen wat sy belowe het. 12Maar as haar man hoor wat sy belowe, en hy stop dadelik die belofte wat sy gemaak het, dan moet sy nie doen wat sy belowe het nie. Haar man het gesê sy moenie dit doen nie, en die Here sal haar vergewe. 13Haar man mag elke gelofte wat sy gemaak het en alles wat sy belowe het, so laat bly, of hy mag dit stop. 14Maar as haar man hoor wat sy belowe en hy sê niks daaroor voor die volgende dag nie, dan laat hy alles wat sy belowe het, so bly. Hy het niks gesê toe hy dit gehoor het nie, hy het die gelofte so laat bly. 15Maar as hy die geloftes breek lank nadat hy daarvan gehoor het, dan is hý skuldig omdat sy vrou nie doen wat sy belowe het nie.”
16Dit is wat die Here vir Moses gesê het, dit is die wette vir 'n vrou wat getroud is of wanneer sy nog jonk is en by haar pa woon.

Currently Selected:

Numeri 30: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy