YouVersion Logo
Search Icon

JEREMIA 22

22
’n Boodskap vir die konings van Juda
1Die Here het gesê: “Gaan na die paleis en dra hierdie boodskap oor aan die koning van Juda. Sê vir hom: 2‘Luister, o koning van Juda, u wat ’n koning is uit die geslagslyn van Dawid. Die Here het ’n boodskap vir u, u amptenare en die mense van Jerusalem#22:2 Grondteks en u volk wat deur hierdie poorte gaan..
3“‘Die Here sê: Julle moet eerlik en regverdig optree. Doen wat reg is. Julle moet ook mense help wat deur ander bedrieg is. Beskerm hulle teen hierdie bedrieërs. Julle mag ook nie vreemdelinge, weeskinders en weduwees mishandel nie. Hou ook op om onskuldige mense te vermoor! 4As julle doen wat Ek sê, sal daar altyd iemand uit Dawid se nageslag koning in Jerusalem wees. Die konings sal in koetse en op perde deur die paleis se hekke ry, saam met hulle amptenare en onderdane. 5Maar as julle hierdie waarskuwing ignoreer, sal hierdie paleis, so waar as wat Ek die Here is, in ’n bouval verander, sê die Here.’”
Die lot van die paleis van Juda
6Die Here sê ook oor die koningshuis
van Juda:
“Jy is vir My
soos vrugbare Gilead,
soos die groen woude van Libanon.
Maar Ek maak dit
’n woestyn,
’n stad
sonder enige inwoners.
7Ek sal mense aanstel
wat sal kom
en dié plek
met hulle gereedskap afbreek.
Hulle sal die pragtige sederbalke
uitruk en in die vuur gooi.
8“Baie mense van ander nasies sal hier verbygaan en vir mekaar sê: ‘Hoekom het die Here so ’n indrukwekkende stad soos hierdie verwoes?’
9“Dan sal hulle antwoord: ‘Omdat hulle die verbond met die Here hulle God verbreek het. Hulle het voor vreemde gode neergebuig en hulle aanbid.’”
’n Boodskap oor Joahas
10Moenie oor koning Josia#22:10a Grondteks huil oor hom wat dood is nie (’n verwysing na koning Josia).
hartseer wees
omdat hy dood is nie.
Moet ook nie oor hom huil nie,
maar huil liewer
oor koning Joahas#22:10b Grondteks huil oor hom wat weggaan (’n verwysing na koning Joahas, ook genoem Sallum).
wat uit sy land weggevat is!
Want hy sal nooit weer terugkom nie.
Hy sal sy geboorteland
nooit weer sien nie.
11Eers was Josia koning van Juda. Sy seun Joahas#22:11 Grondteks Sallum. het hom opgevolg, maar hulle het hom hiervandaan weggevoer. Die Here sê: “Hy sal nooit weer hierheen terugkom nie. 12Hy sal sterf in die land waar hy ’n gevangene is. Hy sal sy geboorteland nooit weer sien nie.”
’n Boodskap oor Jojakim
13“Ellende wag vir Jojakim#22:13 Grondteks hom wat bou (’n verwysing na koning Jojakim).,
wat sy paleis met onreg bou,
en sy bovertrekke met kullery.
Hy laat mense verniet werk,
hy betaal hulle nie.
14Hy sê:
‘Ek sal vir my ’n spogpaleis bou
met groot kamers
en baie vensters,
panele van sederhout,
en die huis rooi verf.’
15Maak dit van jou ’n koning
omdat jy baie sederhout het?
Jou pa het niks kortgekom nie,
want hy was altyd
eerlik en regverdig.
Daarom het dit goed gegaan
met hom.
16Hy het gesorg vir
arm en behoeftige mense,
dat hulle regverdige behandeling kry.
Daarom het dit met hom
goed gegaan.
Is dit nie wat dit beteken
om My te ken nie?”
vra die Here.
17“Maar nie jy nie!
Jy wou net altyd kyk
wat jy op ’n oneerlike manier
in die hande kan kry!
Jy het onskuldige mense
vermoor
of met geweld onderdruk.”
18Daarom sê die Here oor koning Josia se seun Jojakim, koning van Juda:
“Sy familie sal nie oor hom huil
wanneer hy doodgaan nie.
En sy onderdane sal nie eers omgee
dat hy dood is nie.
19Hulle sal hom begrawe
soos ’n donkie.
Hulle sal sy lyk
by Jerusalem se hekke uitsleep
en dit buite die stad los!”
’n Boodskap oor die koninginmoeder
20“Gaan op na die Libanon en skreeu,
gaan roep uit in Basan,
huil in die streke oos van die Jordaan#22:20 Grondteks Abarim, wat verwys na die streke oos van die rivier.,
want al jou bondgenote is vernietig.
21Toe jy voorspoed beleef het,
het Ek jou probeer waarsku,
maar jy het gesê:
‘Ek sal nie luister nie!’
Van kleintyd af
was dit al jou ingesteldheid
om nie na My te luister nie!
22Nou sal al jou leiers verdwyn
asof die wind hulle weggewaai het.
Al jou vriende is gevang en weggevoer.
Ten einde laaste sal jy
jou boosheid raaksien
en skaam kry daaroor.
23O inwoners van Libanon,
julle woon tussen die seders.
Maar binnekort sal julle gil
van angs en vrees.
Julle sal angs ervaar
soos ’n vrou wat geboorte gee.”
’n Boodskap vir Jojagin
24Die Here het vir koning Jojagin#22:24 Grondteks Konjahu. van Juda, seun van Jojakim gesê: “So seker as wat Ek lewe, Ek sal van jou ontslae raak. Al is jy soos ’n seëlring aan my vinger, Ek sal jou afpluk. 25Ek weet jy is bang vir hulle wat jou wil doodmaak. Ek sal jou aan hulle oorgee. Ek sal jou laat val in die hande van koning Nebukadnesar en die magtige Babiloniese leërs#22:25 Grondteks Galdeërs.. 26Ek sal jou en jou ma uit Juda verban na ’n land waar nie een van julle twee gebore is nie. Daar sal julle sterf. 27Julle sal nooit weer na julle eie land terugkeer nie, al wil julle hoe graag.
28“Hoekom is hierdie man Jojagin
soos ’n stukkende kleipot
wat almal dink niks werd is nie?
Hoekom is hy en sy kinders
weggevoer na ’n land
wat hulle nie ken nie?
29O land, land, land!
Luister na die boodskap
van die Here!
30Dit is wat die Here sê:
Teken dit aan
dat hierdie man kinderloos is,
want nie een van sy nageslag
sal koning van Juda wees nie.
Die koningslyn van Dawid
sal hulle nie voortsit nie!”

Currently Selected:

JEREMIA 22: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy