YouVersion Logo
Search Icon

HOSEA 6

6
’n Oproep tot berou
1“Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind. 2Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe. 3Kom, laat ons die Here ken! Laat ons ons inspan om ons aan Hom toe te wy! Dan sal Hy ons antwoord. Dis so seker as die aanbreek van die nuwe dag of die koms van die reën, die lentereëns wat die grond deurweek.
4“O Israel#6:4 Grondteks Efraim, wat na die Noordryk verwys. en Juda, wat moet Ek met julle doen?” vra die Here. “Want julle liefde is soos ’n môrewolkie wat gou verdwyn, soos dou wat wegraak voor die son. 5Ek het my profete gestuur om julle in stukke te kap. Ek het julle met my woorde getref, gedreig met die dood. My oordeel sal julle tref so seker as die dag breek#6:5 Grondteks en jou straf, ’n lig gaan uit. Griekse en ander vertalings En my oordeel sal te voorskyn kom soos die lig.. 6Ek soek troue liefde en nie offers nie; toewyding aan God en nie brandoffers nie.
7“Maar soos Adam#6:7 Sommige vertaal soos die dorp Adam. die verbond met My verbreek het, so was julle ontrou aan My. 8Gilead is ’n stad vol bose mense wat ’n bloedspoor laat. 9Soos ’n rowerbende wat in ’n hinderlaag lê en wag vir slagoffers, so vermoor priesterbendes die reisigers op die pad na Sigem. Hulle begaan allerlei booshede. 10Ja, Ek het ’n afskuwelike ding in die koningshuis van Israel gesien: Deur agter ander gode aan te gaan, het Efraim se godsdienstige owerspel my volk onrein gemaak!
11“Juda, ’n tyd van afrekening#6:11a Grondteks ’n oes. wag ook vir jou.”#6:11b Die tweede helfte van die vers hoort by hoofstuk 7:1.

Currently Selected:

HOSEA 6: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy