Advent BewonderingVoorbeeld
Liefde.
Lukas 1:26-28
"In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël, gestuur na 'n maagd in Nasaret 'n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. Toe die engel by haar kom, sê hy: 'Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.'”
Ons het al almal al geskenke gekry wat ons nie eintlik wil hê nie. Ek bedoel nie die "jy het vir my hierdie lelike trui gekoop" soort van slegte geskenk nie. Ek bedoel die soort geskenk wat meer soos 'n verwagting voel wat in feestelike papier toegedraai is. Hierdie soort geskenke is, in elk geval, glad nie geskenke nie. Hulle is transaksies, en dikwels, manipulerende transaksies.
Maria het natuurlik ook al tevore sulke geskenke gekry. Haar reaksie spreek boekdele.
Lukas 1:29
"Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken."
Dit was amper asof Maria by haarself gewonder het: "Watter soort geskenk is dié? Wat wil jy van my hê? Wat mis ek in hierdie te-goed-om-waar-te-wees toneel?"
Die lewe leer ons om 'n vangplek te verwag. Ons wag vir ons "geluk om op te raak." Ons dink op 'n sekere tyd gaan daar 'n rekening kom en dit gaan nie moontlik wees om dit te betaal nie. Ons voel die swaar verwagtinge van die lewe en, meestal, voel ons dat ons beswaarlik kan bybly. Ons plaas verwagtinge in ander en is teleurgesteld wanneer hulle nie daaraan voldoen nie.
Dit is die transaksie-lewe.
Maar God se liefde is anders. Hy herinner ons, saam met Maria: "daar is nie 'n vangplek nie."
Lukas 1:30
"Die engel sê toe vir haar: 'Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou'".
Die een wat "genade gevind het" moet daaraan herinner word dat "God aan haar genade bewys." Ons almal het daardie herinnering nodig.
C.S. Lewis beskryf in sy boek "The Four Loves", iets genaamd geskenk-liefde.
Geskenk-liefde is die teenoorgestelde van transaksie-liefde. Geskenk-liefde is die soort liefde wat nie beantwoording verwag of vereis nie. Dit is totaal afhanklik van die gewer. Met hierdie soort liefde moet die ontvanger net ontvang.
Dit is die soort liefde wat God vir ons het. Die enigste gepaste reaksie op hierdie soort liefde is 'n aktiewe-passiewe reaksie. Dit is 'n houding van die hart wat buig na aanvaarding. Dit sê nie: "Ek gaan dit laat gebeur" nie, maar eenvoudig: "laat dit gebeur."
Lukas 1:38a
"Maria sê toe: 'Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat U gesê het.'”
Maria gee haarself aan God, nie uit dwang, plig of geforseerd nie — maar uit liefde. Die geskenk-liefde van God produseer liefde in Maria.
Hierdie is die grootste twispunt vir al ons transaksie-liefhê-ouens (lees: almal).
Geskenk-liefde is vrugbaar! Dit wek liefde! Geskenk-liefde word spontaan voortgebring en uit die hart uit; wat transaksie-liefde, met sy beheptheid oor "ek gaan jou terugkry", maar net kan voorgee.
As jy my nie glo nie, hier is Maria se reaksie op die geskenk-liefde van God:
Lukas 1:46-55
En Maria het gesê:
“Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag; maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur. Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”
Maria gebruik 'n vorm van "hy het dit gedoen!" op nege verskillende kere in hierdie kort gedig. Dit gaan alles oor Hom en wat Hy gedoen het! Wanneer jy met God se geskenk-liefde te doen het, kan jy nie help om op te let na die maniere waarop Hy liefhet nie. Jy kan nie anders as om Hom te prys nie. Jy kan nie help om hom lief te hê nie.
Onthou hierdie Kersfees dat God se liefde geskenk-liefde is. Nét geskenk-liefde.
Laat dit so wees.
…
Gebed:
Here, herinner my aan u geskenk-liefde. Help my om te ontvang. Laat dit so wees!
Aktiwiteit:
Maak 'n lys van maniere waar jy voel jou verhouding met God soos 'n transaksie was. Wat is die "wees-so-of-anders" en "doen-dit-of-anders" gewoontes of maniere van dink wat jy kan bely en berou oor het?
Wanneer jy eers jou eie geneigdheid tot transaksie-liefde erken het, dank God dat sy liefde glad nie soos joune is nie.
Skryf 'n gebed van lof neer, 'n vertikaal gefokusde gebed, waarin jy Hom bedank vir sy geskenk-liefde.
Aangaande hierdie leesplan
Hoop, liefde, vrede, vreugde. Hierdie woorde word baie gedurende die vakansietyd gebruik, maar onthou ons hoekom? Die Kersverhaal is die verhaal van hoe God deur die geboorte van Jesus in die geskiedenis ingegryp het. Die lewens van Maria, Josef en die skaapwagters is heeltemal deur hierdie gebeurtenis verander. Hulle het hoop, liefde, vrede en vreugde gevind; kom ons onthou saam hoe, deur Jesus, ons dit ook kan vind.
More