Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld
Een van die mees geestelike dinge wat jy kan doen, is om iemand anders te bemoedig. Ons word gevra om mekaar elke dag te bemoedig, sodat sonde se bedrieglikheid nie ons harte kan verhard nie. Alhoewel dit altyd betekenisvol is om iemand aan te moedig nadat hulle 'n goeie werk gedoen het, 'n doel aangeteken het, of 'n nuwe haarstyl gekry het, is dit belangriker om iemand geestelik te bemoedig.
Stel jou voor hoe God jou kan gebruik om iemand wat wil moed opgee, aan te moedig. Of hoe God iemand se huwelik kan help as jy die persoon vertel hoe jy dieselfde probleem oorkom het. Dink daaraan watter verskil dit in iemand wat mismoedig is, se lewe kan maak as jy die persoon vertel wie hy in Christus is.
Soms kan jy letterlik 'n stem van hoop wees. Jy kan die verskil maak in iemand se lewe wat moet kies om aan te hou of moed op te gee, aan te hou stry of handdoek in te gooi, aan te hou haat of besluit om te vergewe. As gevolg van jou invloed kan iemand wat radeloos is, vrede en vreugde vind.
Wees oplettend. Wees biddend. Wees gereed. Jy loop dalk by 'n kollega verby wat goed lyk, maar wat in pyn is. Jy stuur dalk vir iemand 'n boodskap en dit kom voor asof alles goed gaan, maar in werklikheid het die persoon iemand nodig wat kan luister. Jy loop dalk 'n totale vreemdeling raak en kan jy met een bemoedigende woord 'n groot verskil maak.
Jy het geen idee wat God in iemand se lewe kan doen deur een daad van bemoediging nie. Wees vandag beskikbaar.
Kragbou: Vader, gebruik my vandag om die mense om my te seën. Lei my na die persoon wat vandag die meeste bemoediging nodig het.
Aangaande hierdie leesplan
Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Craig Groeschel se splinternuwe boek: "Daily Power: 365 Days of Fuel for Your Soul", sluit een dag uit elke maand in. Begin vandag met jou nuwe daaglikse oefening!
More