Wat is die doop? 'n Drie-dag leesplan ter voorbereiding of besluitnemingVoorbeeld

Moet ek regtig gedoop word?
Hierdie vraag maal heel waarskynlik nou deur jou gedagtes — en dit is reg so! Die doop is 'n baie belangrike volgende stap in jou geloofsreis, en dit is een wat ons nie ligtelik moet opneem nie.
Die doop gaan daaroor om jou geloof openbaar te maak. As jy jou lewe aan Jesus toewy, is dit tyd om dit openbaar te maak.
Hier is twee redes hoekom jy jou behoort te laat doop indien jy Christus volg:
- Jesus is gedoop en Hy wil hê dat ons ander doop. In Matteus 3:13-17 lees ons van die tyd toe Jesus self gedoop is, voordat Hy sy aardse bediening begin het. As die Seun van God gedoop is, behoort ons dit ook te doen. Later vertel Jesus ons in Matteus 28:18-20 dat Hy wil hê dat ons sy boodskap van liefde moet verkondig. Hy vertel ons om aan te hou om mense te doop en ons te laat doop!
- Jy het besluit om Jesus te volg en jy wil hê mense moet dit weet. Die besluit om Christus te volg is die beste besluit wat jy ooit sal neem. Wanneer jy 'n lewensveranderende besluit soos hierdie een neem, wil jy almal vertel van die nuwe hoop wat jy in Jesus gevind het! Ons geloof behoort persoonlik, maar nie privaat te wees nie. Die doop gaan daaroor om jou geloof openbaar te maak.
Vandag het ons gepraat oor twee belangrike redes vir jou om gedoop te word. Môre sal ons praat oor wat gebeur wanneer jy die besluit neem om jou geloof openbaar te maak deur jou te laat doop.
Uitdaging: Wanneer jy besluit het om jou te laat doop, vertel 'n betroubare vriend of jou leraar van jou besluit. Hulle sal baie opgewonde wees om dit saam met jou te vier!
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die doop? Moet ek gedoop word? Hoekom is dit belangrik? Moet ek gedoop word om 'n Christen te kan wees? Of jy nou vrae oor die doop het en of jy net op soek is na 'n kort leesplan voor of na jou doop, is hierdie Life.Church leesplan ideaal om vandag mee te begin.
More