Hoekom Het Ek Jesus Nodig?Voorbeeld

Why Do I Need Jesus?

DAG 2 VAN 4

Jy is nie goed genoeg om met God vriende te wees nie omdat jy reëls volg. Jy is goed genoeg omdat jy glo in die enigste Een wat goed is en Hom vertrou: Jesus! God het reëls aan sy mense gegee om aan hulle die manier te wys wat die lewe die beste werk. Hy wou hê hulle moes leer dat hulle nooit sonder sy hulp goed genoeg kan wees nie. God se hulp is 'n gawe genaamd, genade. Genade is 'n gawe wat nooit verdien kan word nie. Ons kan nie God se genade verdien deur hard te werk om Hom tevrede te stel nie. Hy gee dit vrylik. Ons is nie sterk genoeg om Hom uit ons eie tevrede te stel nie. God se genade gee ons die krag om vry van sonde te leef. Dit is omdat ons ons vertroue in Jesus stel, nie omdat ons reëls goed kan volg nie. Jy kan met God praat en Hom dank dat Hy jou deur sy genadegawe goed genoeg gemaak het.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Why Do I Need Jesus?

Hierdie leesplan, vir gesinne om saam te doen, stel kinders aan die verhaal van die Bybel bekend en help hulle om te sien hulle het 'n Verlosser nodig. God het van die begin af 'n plan gehad om Jesus te stuur. Elke dag sluit video's, kort oordenkings, en 'n Bybelvers in om te memoriseer.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church