Een Woord Wat Jou Lewe Sal VeranderVoorbeeld

One Word That Will Change Your Life

DAG 4 VAN 4

Leef Jou Woord Uit

 

Begin
Jou een woord kan die volgende insluit: 'n karaktereienskap, 'n beginsel, 'n persoon, 'n geestelike fokuspunt, 'n kenmerk of 'n waarde. Hier is 'n paar voorbeelde van woorde wat vir jou 'n idee kan gee waarmee om te begin: liefde, vreugde, geduld, vriendelikheid, rus, gebed, gesondheid, opleiding, aanpasbaarheid, toewyding, intimiteit, dissipline, waagmoed, positief, inspireer, klaarmaak, reinheid, integriteit en krag.

Deur jou woord uit te leef, sal jy gefokus bly en nie toelaat dat jou aandag afgelei word nie. Ons sien hoe gefokus Nehemia was en watter resultate dit gelewer het. In Nehemia 6:3 lees ons dat hy nie ophou werk het nie, omdat hy besig was om die "een ding" te doen waaraan hy hom toegewy het — om die muur te bou! Hy het 'n goeie werk gedoen. Wanneer jy jou woord uitleef doen jy 'n goeie werk.

Beweeg buite jou gemaksone.

Dit is 'n opwindende proses, maar ook uitdagend. Jy sal struikelblokke teëkom wat jy nie voorsien het nie. Jy sal groei — dit kan ons jou belowe. Ons leer dikwels meer as ons buite ons gemaksone beweeg. Moenie die proses omseil nie.

Dit is noodsaaklik dat jy jou woord regdeur die jaar onthou en daarop fokus. As dit nie altyd in jou gedagte is nie, sal jy dit vergeet.

Fokus op jou een woord.

Deur al ons proeflopies deur die jare het ons maklike en effektiewe maniere ontdek om die hele jaar op jou een woord te bly fokus.

Eerstens: plak jou woord op strategiese plekke waar jy dit gereeld kan sien. Jy fokus op dit wat jou aandag trek en reageer daarop. Dit is belangrik om notas te maak. Skryf dit neer en plak dit op plekke waar jy dit gereeld sal raaksien: in jou motor, op jou lessenaar, op jou spieël, of in jou klerekas.

Tweedens: vertel jou beste vriende, spanmaats, gesin en familie daarvan — dit moet mense wees wat na aan jou is en wat jy onvoorwaardelik vertrou. Ons noem dit jou groeispan, want dit is mense wat jou help groei. Gee hulle toestemming om jou uit te vra oor jou vordering.

As jy hierdie twee dinge doen — plaas jou een woord iewers opsigtelik en deel dit met ander — om van jou groei seker te maak. Jy sal hoogtepunte en laagtepunte beleef, maar hulle is almal deel van die proses. Terwyl jy jou woord uitleef, laat God toe om jou een woord te gebruik om jou alledaagse lewe te verander.

Kom ons begin
1. Wat kan jy doen om jou een woord te onthou?
2. Skryf drie persone se name neer wat jy vertrou om jou een woord mee te deel.
3. Hoe kan jy jou gesin, sakeonderneming of groeispan by jou een woord betrek?

Bybelstudie
Nehemia 6, Handelinge 4:16-20, Kolossense 3:17,23

Gebed
Here, ek bid dat U my sal help om my een woord hierdie jaar ten volle uit te leef. Hou my so gefokus soos Nehemia was sodat ek dit sonder afleidings kan uitleef. As hulle egter kom, gee my die moed om gefokus te bly op wat U my geroep het om te doen. In die Naam van Jesus. Amen.

Wil jy jou eie "EEN WOORD"-plakkaat maak? Besoek: GetOneWord.com

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

One Word That Will Change Your Life

"EEN WOORD" help jou om jou lewe te vereenvoudig deur vir 'n hele jaar lank net op een woord te fokus. Die eenvoud van die woord wat God vir jou gee, is 'n motivering wat help om jou lewe te verander. 'n Warboel van dinge en die lewe se ingewikkeldheid, lei net tot uitstel en afstel. Eenvoud en fokus lei tot sukses en helderheid van verstand. Hierdie vierdag-oordenking wys vir jou hoe om by die kern van jou voorneme uit te kom. Dit help jou om 'n "EEN WOORD"-visie vir die hele jaar te kry om op te fokus.

More

Baie dankie aan Jon Gordon, Dan Britton, en Jimmy Page wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.getoneword.com