Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's the Reason for My Hope

DAG 6 VAN 15

Wees My Redding

God het die weg voorsien vir elke siel wat begeer om gered te word, deur van sonde weg te draai om verlos te word. Jesus het gesê: “Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (Lukas 19:10). Waarvan word ons gered? Die sonde wat ons so maklik teister. Sonde lei tot die dood en uiteindelik die ewige skeiding van God . . .

. . . Slegs die Here Jesus kan die siel verlos wat deurdrenk is van skuld en skande. Hierdie kommer weeg swaar op ons totdat ons Jesus se gawe aanvaar — die gawe wat siele uit die mag van sonde bevry.

Ons kan nie sonde vergewe nie, want sonde is teen God. Net Hy kan ons vergewe en vrymaak. Goeie dade sal nie troos vir die siel bring nie want die slegte en kwetsende dinge wat ons aan ander doen, word uiteindelik teen die Een wat ons siele geskep het, gedoen.


Jou siel behoort aan God. Hy is die enigste Een wat jou siel kan verlos.

Dit is God wat jou siel geskep het.

Dit is die Here Jesus wat gesterf het om jou siel te verlos.

En dit is die Heilige Gees wat jou siel kan vul met God se liefde en jou deur die lewe kan lei.

Dit is die manier om oorwinning oor sonde te verkry.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's the Reason for My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem uit Billy Graham se nuutste boek: “The Reason For My Hope: Salvation”.

More

Ons wil graag Billy Graham bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope