Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's the Reason for My Hope

DAG 14 VAN 15

Ons Word Ryklik Geseën

Vir diegene wat sê dat jy Christus kan hê sonder om iets prys te gee; die Satan mislei jou. Word jy deel van jou land se militêre mag deur net te sê jy is? Nee, jy sluit aan, met die wete dat dit jou lewe kan kos. Voordat jy ooit 'n uniform aantrek, moet jy 'n eed sweer, uiterste opleiding ondergaan en jouself aan gesaghebbendes onderwerp. Die wonderlike ding van Christenskap is dat wanneer God se genade red, God se Gees inbeweeg en die veranderinge moontlik maak. Liefde vir die wêreld word vervang met liefde vir God en die dinge wat Hom behaag. As dit nie 'n brandende begeerte is nie, dan het so 'n persoon rede om die egtheid van sy of haar geloof te bevraagteken.

Martin Luther het gesê: "’n Godsdiens wat niks gee, niks kos en niks ly nie, is niks werd nie.”** Ons kan geloof in Jesus Christus hê omdat Hy alles opgeoffer het — sy lewensbloed. Hy het die pyn gely van elke sonde wat die mens hom kon voorstel . . . Wat 'n rykdom is daar in Hom.

Dit beteken nie dat ons moet verwag dat Jesus ons ryk sal maak nie . . . of pragtig . . . of ons gee wat ook al ons harte begeer nie. Om 'n Christen te word beteken dat God in ons behoeftes sal voorsien volgens sy standaard wat hoër is as ons s'n. Ons verruil ons wil vir sy wil.

Die Bybel sê: “want in Hom het God julle in alles ryklik geseën” (1 Korintiërs 1:5a).

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's the Reason for My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem uit Billy Graham se nuutste boek: “The Reason For My Hope: Salvation”.

More

Ons wil graag Billy Graham bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope