Oorkom Gedagtes van Selfdood en SelfbeseringVoorbeeld
![Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F685%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Jy Is Nie Alleen Nie
Voel jy soms alleen? Wonder jy ooit of daar iemand is wat omgee waardeur jy tans gaan?
Wanneer dit vir jou voel of daar niemand naby is nie, weet dat God altyd hier by jou is — selfs nou in hierdie oomblik. In jou mees triomfantlike oorwinnings en jou donkerste uitroepe om hulp, is Hy altyd daar langs jou. Hy sal jou nooit verlaat nie.
Vandag sê Hy vir jou: "Ek is by jou oral waar jy gaan." Hy bemoedig jou: "Wees sterk, wees vasberade." Hy belowe jou: "Ek versterk jou, Ek help jou." Jy is nie alleen nie! (Josua 1:9).
Gebruik hierdie oomblik om tot God in gebed te nader: Vader, ek dank U vir die belofte om by my te wees, ongeag waardeur ek gaan. Ek het U hulp nodig om sterk en moedig te wees. Gee my asseblief die vrede en vertroosting wat net u teenwoordigheid kan bring. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
Gaan Nou Oor Tot Die Daad
Praat met iemand by die Geestesgesondheid Hulplyn wat 24/7 gereed is om na jou te luister: skakel 0800 456 789.
Besoek verskeie hulpbronne in Suid-Afrika vir selfdood-voorkoming by Krisis Hulplyne
Aangaande hierdie leesplan
![Overcoming Thoughts of Suicide and Self-Harm](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F685%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
As jy sonder hoop is, jouself al beseer het of selfdood-gedagtes gekoester het, moet jy weet daar is 'n God wat jou liefhet, 'n doel vir jou het en wat nou by jou is. Hierdie 6-dag leesplan van Life.Church sal jou help om te verstaan wie God sê jy is en jou bemagtig op jou reis tot heling. ***Reik asseblief na iemand uit indien jy in 'n noodsituasie is. Daar is hulpbronne by elke oordenking ingesluit.
More