As ek weer kon sê (vir groepe)Voorbeeld

Dag 1: Woorde het gewig
Inleiding:
Ons besef nie altyd watter mag ons woorde het nie. Soms sê ons iets wat dalk vir ons onbelangrik is, maar dit kan 'n diep impak hê op die persoon wat dit ontvang. Woorde dra gewig — dit het die vermoë om op te bou of af te breek. Dit is nie net wat ons sê nie, maar wanneer en hoe ons dit sê.
Fokus:
- Wysheid en onderskeiding: In vandag se studie gaan ons fokus op die belangrikheid van wysheid en onderskeiding wanneer ons met ander mense praat. Wysheid help ons om te weet dat nie alles wat waar is altyd onmiddellik gesê moet word nie. Onderskeiding help ons om te weet wanneer dit die regte tyd is om iets te sê.
- Matteus 12: Jesus herinner ons dat ons aan ons woorde geken word en daaraan geoordeel sal word. Hy waarsku teen ligsinnige woorde — woorde wat nie deurdink is nie. Die gewig van ons woorde is nie altyd sigbaar nie, maar dit het 'n blywende impak.
Gesels saam:
- Het jy al gepraat met iemand oor iets en eers te laat besef dat jou woorde groter gewig gedra het as wat jy besef het? Hoe het dit die ander persoon beïnvloed?
- Dink na oor 'n situasie waar jy later spyt was oor iets wat jy gesê het. Wat het jy uit daardie ervaring geleer?
Gebed:
Here, ek sukkel soms om my woorde reg te weeg. Leer my om met wysheid te dink oor wat ek sê en om te onderskei wanneer ek iets moet sê. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.
More
Ons wil graag Kerksondermure bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.ksm.co.za