Mislukking Is Nie Die Einde NieVoorbeeld

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

DAG 1 VAN 7

Ses Misverstande oor Mislukking

Daar is baie wanopvattings oor mislukking. Wanpersepsies kan dit moeilik maak om mislukking te oorkom en dit tot 'n mens se voordeel te gebruik. Die volgende is 'n aantal van hierdie wanopvattings.

1) Alle mislukkings kan vermy word. Dit is moontlik om sommige mislukkings te vermy, maar ons misluk almal vroeër of later. As ons probeer om nie te misluk nie, kan ons uiteindelik niks doen nie – uit vrees om te misluk. Om te misluk is menslik.

2) Mislukking is persoonlik. Te dikwels verpersoonlik mense mislukking. "Ek is 'n mislukking. Ek kon beter gedoen het. Dit is omdat ek self 'n mislukking is, dat ek misluk het. Daarom is dit onvermydelik om te misluk." Nee, jy sal soms misluk omdat jy 'n mens is, maar jy misluk nie omdat jy jy is nie. Moet nooit mislukking deel van jou identiteit maak nie.

3.) Om te misluk is die vyand. Nee. Gebruik mislukking as 'n leerskool om te groei, te evalueer hoe om beter te doen en probleme te oorkom. Om te misluk is dikwels vir ons eie beskerming – daar is dinge wat ons wil doen wat ons eenvoudig nie moet doen nie. Soms doen ons dinge om onsself te bewys. Sekere dinge is nie God se wil vir ons nie. Die dinge wat ons wil doen, is dikwels buite ons persoonlike vermoëns. Almal van ons het sterk- en swakpunte – wees realisties oor jou vermoëns. As jy nie die 100 meter so vinnig soos Usain Bolt kan hardloop nie, help dit om te weet dat 99,99% uit alle mense dit ook nie kan doen nie. Slegs 'n handjievol mense kan met hom meeding.

4) Mislukking is finaal en onomkeerbaar. In sommige gevalle is dit waar; in baie gevalle is mislukking nie finaal nie en wel omkeerbaar. Dit beteken nie dat jy weer gaan misluk die volgende keer as jy dieselfde ding probeer doen nie. Oor die algemeen is mislukking nie finaal nie. Soms moet jy doodgewoon weer probeer en jou tegniek opskerp. Ander kere moet jy dit net op 'n ander manier doen om sukses te behaal.

5) Mislukking laat my met 'n stigma. Dit sal net gebeur as jy jouself toelaat om mislukking in daardie lig te beskou. Gebruik jou mislukking om vordering te maak, of dinge anders te doen. Maak mislukking jou vriend en leermeester.

6) Mislukking en foute moet nie vermy word nie – dit moet verwelkom, omhels, gekoester word. As jy begin om só te lewe, sal jy uiteindelik onverskillig word en jouself toelaat om baie onnodige pyn en skade te ly. Dit is dikwels moontlik om mislukking te vermy deur versigtiger te wees, dinge te deurdink en verantwoordelikheid te neem vir jou optrede.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

Almal van ons kan getuig van mislukkings in ons lewens. Soms is dit iets kleins en die gevolge is nie noemenswaardig nie, maar ander kere het ons mislukkings geweldige gevolge. Mislukkings kom altyd saam met baie emosies. Dikwels is hierdie emosies in onwaarhede geanker. As Christene moet ons leer om saam met mislukking te lewe, dit te gebruik om geestelik te groei en in oorwinning daaroor te lewe.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com