Een WoordVoorbeeld

Een Woord

DAG 4 VAN 5

Iemand sê ons lewensreis is soos ‘n reis wat ons onderneem op ‘n trein. Die trein se naam is meer, dis stasie se naam is bevrediging, en ons is bietjie ongeduldig.

Party van ons kom op die ouderdom van 18 agter dat ons op hierdie trein is. Miskien onthou jy dit. As ek net uit die huis uit kan kom, dan gaan als vir my uitwerk, maar dan vind jy uit jy het geld nodig. Dan sê jy, as ek nou net ‘n ordentlike werk kan kry. As ek nou net ‘n lewensmaat kan kry. As ons net ‘n huis kan kry. As ons net kinders kan kry. As die kinders net uit die huis uit kan gaan. As ek net my huis kan afbetaal. As ek dan net ‘n huis by die see kan kry. As ek dan net kan aftree, meer, meer, meer, en dit bring nie vir ons vergenoegdheid nie.

En ek wonder, hoe vergenoegd jy is? As jy vir jouself ‘n punt moet gee, waar lê jy op die skaal van 0 tot 10? Dan is die vraag – hoekom so laag? Iemand het my eenkeer uitgedaag en gesê daar is net drie redes – kyk of jy ‘n rede kan kry wat nie binne hierdie drie redes val nie.

Dis of omdat jy nie gekry het wat jy wil hê nie, so ek kan nie nou vergenoegd wees nie, want ek soek dit. Of jy kan nie doen wat jy wil doen nie, of daar is mense wat iets van jou dink waarvan jy nie hou nie – jy wil hê hulle moet iets anders dink. Dit is gewoonlik een van hierdie drie redes. So, ek soek iets of ek soek iemand – dan sal ek vergenoegd kan wees in my lewe.

Dit bly ons ontvlug. Ons kom net nooit daarby uit nie. Hoekom? Dis asof ons blind is, asof ons nooit kan sien, dat agterkom dat nog meer dinge dit nie vir ons gaan gee nie. Die antwoord is nie "meer" nie. Dis nie waarin die goeie lewe gevind kan word nie. Volgens die Bybel is vergenoegdheid een van die dinge wat vir ons ‘n goeie lewe kan verseker.

Oordink dit:Hoe vergenoegd is ek? Wat is die Here se uitnodiging vir my oor die besittings wat Hy aan my toevertrou?

Gebed: Ek vra vir die genade om sy voorsiening vir my raak te sien en te ontvang.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Een Woord

Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! (Psalm 103:2) In die kultuur van ons tyd is ons in 'n dankseggingseisoen. Hoe reflekteer, vier ons fees en sê ons dankie? Ons streef daarna om die deug van dankbaarheid te bou, waar ons nie net ons seëninge tel nie, maar ook God se teenwoordigheid in ons lewens erken. Deur te fokus op die goedheid van God, wil ons aanmoediging vind om ander te waardeer, en 'n gemeenskap te skep wat vol vreugde en hoop is.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com