Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 29 VAN 43

Oordenkingsvrae

1. Waar het jy gesien hoe God jou in jou lewe red, onderhou of dra?

2. Hoe het die evangelie van Jesus Christus die manier waarop jy leef verander (hoe jy dink, optree, praat, jou tyd deurbring, talente en skatte aanwend)?

3. Wie is daar in jou lewe wat die waarheid van die evangelie moet hoor? Hoe kan jy hierdie waarheid met hulle deel? Voor jy gaan, ruim tyd in om te bid dat die Heilige Gees hulle oë sal oopmaak vir die waarheid oor Jesus en dat hulle in geloof sal reageer.

4.Watter Skrifgedeeltes help jou om effektief te wag op God se reaksie op 'n gebed of in 'n situasie?

5. God het groot planne vir jou. Hoe kan jy gebruik word in die uitbreiding van sy koninkryk?

Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans