10 Gebede vir donker daeVoorbeeld
Lei my op die regte pad
Here, ek het geen idee wat vir my voorlê nie. Sal my verhoudings oorleef? Sal enige van my drome realiseer? Kan ek die struikelblokke oorkom wat my al so lank terughou? Sal genesing ooit kom? Is dit moontlik om in vreugde te floreer eerder as om te sukkel om bloot te oorleef?
Sonder U kan ek nie vorentoe beweeg nie. Wees deur u Woord ’n “lamp vir my voete en ’n lig op my pad” (Psalm 119:105). Wys my in watter rigting ek moet draai vir hulp. Plaas u ideale in my hart sodat ek weet waarop om my tyd en energie te fokus. Soos ek u wil vir my lewe ontdek, vul my met blydskap wat kom vanuit ’n wandel met u Gees. Wees my bron van vreugde en vervulling.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za