Leer Om Geliefd te WeesVoorbeeld

Learning to Be Loved

DAG 2 VAN 3

Hoe om van God se Liefde te Leer

Jy het God nie eerste liefgehad nie. God het jóú liefgehad.

Ons sukkel om te glo dat God ons so innig liefhet, omdat ons eerste na onsself kyk in plaas daarvan om na Hom te kyk.

Ons baseer dikwels God se liefde vir ons op ons eie optrede, gesindheid en prestasie. Dus, wanneer ons goed doen, het God ons meer lief en wanneer ons swak vaar, het God ons minder lief.

Dikwels is dit hoe ons oor die praktyke van die Christelike lewe voel. Dit kom voor asof ons God se liefde meer voel wanneer ons 'n sterker gebedslewe het, gereeld die Bybel lees en aan ons plaaslike kerk getrou is. Daarom neem sy liefde vir ons seker ook toe en ook af na gelang van ons optrede.

Waarskynlik weet jy dat dit agterstevoor is.

In ons boek "Learning to Be Loved" verken ons "toegang tot intimiteit” met God twintig keer. Hierdie toegang is geestelike dissiplines waardeur Christene God se liefde vir eeue ervaar het, soos gebed, vas, sabbatsonderhouding en Bybellees.

Daar is egter sovéél wat ons van die geestelike dissiplines verkeerd verstaan. Ons beskou dit dikwels as maniere om by God uit te kom en ons liefde aan Hom te bewys. Ons moet egter hierdie toegang omkeer as maniere waarop God by óns uitkom en sy liefde aan óns bewys.

Ons maak nie God se liefde vir ons wakker wanneer ons bid nie. Ons bid omdat God reeds in liefde met óns praat. Ons lees nie die Bybel om aan God ons toewyding te wys nie. Ons lees die Bybel om van God se toewyding aan óns te leer. Ons vas nie sodat God ons toewyding aan Hom kan sien nie. Ons vas om God se toewyding aan óns te koester.

Om werklik God se liefde vir ons te leer ken, moet ons die leuens afleer wat ons oor ons verhouding met Hom glo. Die primêre leuen waarvan ons moet wegbreek, is dat óns liefde God se liefde laat ontwaak. Dat óns eerste liefhet.

Die meeste van ons weet met ons verstand dat dit nie waar is nie, maar ons voel so in ons harte.

Ek nooi jou vandag uit om oor 'n gedeelte uit 1 Johannes te mediteer. Hier hoor ons die bekende woorde, "God is liefde." Saam met hierdie pragtige verklaring kry ons 'n definisie van God se soort liefde vir ons.

God se liefde is eerste. God se liefde skakel aan, begin, streef na, dryf aan. Hy het ons eerste liefgehad. Voordat ons Hom geken het, Hom gehoorsaam of gevolg het, het God ons reeds liefgehad.

Lees hierdie gedeelte so dikwels as wat nodig is totdat die waarheid by jou insink. Jy het God nie eerste liefgehad nie. God het jou eerste liefgehad.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Learning to Be Loved

Hierdie drie-dag leesplan, gebaseer op die nuwe boek "Learning to Be Loved," sal jou help om te leer aanbeweeg van bloot te wéét van God se liefde na sy liefde werklik in jou hart te erváár. Deur praktiese stappe en eerlike besinning sal skrywers David Bowden en Mart Green jou leer om die waarheid te koester dat God jou eerste liefgehad het. Maak jouself oop vir God se diepgaande, onvoorwaardelike liefde vir jou. Begin vandag en leer wat dit beteken om werklik geliefd te wees.

More

Ons wil graag vir David Bowden vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.spokengospel.com/