Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n PaasoordenkingVoorbeeld
![For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F488%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dit was die derde Pasga-maaltyd wat Jesus saam met sy dissipels geëet het.
Tydens die Pasga-maaltyd is vier bekers wyn gedrink wat elkeen die vier beloftes van redding simboliseer; en waarna in Eksodus 6 verwys word.
Die eerste beker was 'n herinnering aan die belofte dat: "Ek die Here julle God is wat julle uitlei" (Eksodus 6:6b AFR20). God die Vader, het die Israeliete uit Egipte uitgelei soos Jesus, sy Seun, nou ook al sy kinders uit sonde red.
Die tweede beker herdenk dat Hy hulle: "weg van die dwangarbeid van Egipte" neem (Eksodus 6:6b AFR20). Die Israeliete is vrygemaak van slawerny in Egipte; net so het Jesus, die groot Bevryder, ons van die slawerny van die Satan vrygemaak.
"Ek sal julle loskoop met 'n uitgestrekte arm" (Eksodus 6:5b AFR20) was die belofte van die derde beker. God het die Israeliete vrygemaak om na die beloofde land te gaan. Nou is ons, die begunstigdes van Jesus se dood, losgekoop om 'n nuwe en oorvloedige lewe te lei!
Die vierde beker simboliseer die belofte "Ek gaan julle as volk vir My neem en Ek sal vir julle 'n God wees" (Eksodus 6:6a AFR20).
Jesus het gesê dat Hy die vierde beker saam met ons sal drink wanneer ons saam feesvier in die koninkryk van God. Jesus het aan sy aardse familie gesê dat daar eendag 'n reünie-maaltyd sal wees en dat hulle daar teenwoordig sal wees.
As jy Jesus Christus as jou Here en Verlosser aanvaar het, sal jy ook daar wees! Jesus sal die feesviering begin deur jou tuis te verwelkom. Jy sal vir Petrus en Jakobus sien ... die vrou met die albaste fles ... en Lasarus! Jy sal daar wees! Tydens daardie deftige reünie sal daar geen sonde en lyding wees nie. Daar sal geen kanker wees nie, geen seer rûe of skeelhoofpyne nie. Jy sal daar wees!
Wanneer almal bymekaar is, sal Jesus die vierde beker vat ... die een wat Hy nie daardie nag in Jerusalem klaar gedrink het nie. Hy sal die beker in die teenwoordigheid van die Vader oplig en 'n glorieryke gejuig sal losbars! 'n Gedawer sal in die hemel weerklink ... hande sal opgelig word ... die klank van gesing sal die hemel se atmosfeer vul! En jy ... sal daar wees!

Aangaande hierdie leesplan
![For the Joy Set Before Him: An Easter Devotional](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F488%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmsondag tot die mees wonderbare opstanding, terwyl ons saam deur die Bybelse verhaal lees. Ons sal saam met die skares in Jerusalem se strate juig, in woede op Judas en die Romeinse soldate skree, saam met die vrouens by die kruis huil en op Paassondag met sonsopkoms feesvier!
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie dagstukkies. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com
Verwante Leesplanne
![Kruis & Kroon](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11337%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Kruis & Kroon
![Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1032%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
![Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3841%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper
![Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9212%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
![Jesus: Ons Oorwinningsbanier](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14894%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Jesus: Ons Oorwinningsbanier
![Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F809%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander
![Nuwe Jaar, Nuwe Genade](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13613%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
![Advent: Die Reis Tot By Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Advent: Die Reis Tot By Kersfees
![Span Jou Tyd In Vir God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1355%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Span Jou Tyd In Vir God
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)