Nogtans sal ekVoorbeeld

Nogtans sal ek

DAG 6 VAN 7

Heling

"Vriend, jy moet noukeurig na jou geestesgesondheid omsien."

Die toestand van jou binnemens het 'n merkwaardige impak op die manier waarop jy leef (3 Johannes 1:2). Dit is ook die waarheid dat jou geestestoestand beslis 'n beduidende invloed op jou verhoudings het. Daarom is dit van kardinale belang dat jy gesond en heel in jou binnemens sal wees. Moenie angstig raak nie (1 Petrus 5:7-9). Onthou dat Hy wat in jou is groter is as dit wat teen jou aanstorm (1 Johannes 4:4). Laat jou hart vrolik en lig wees (Spreuke 15:13). Leef vanuit 'n gesonde en heel binnemens na buite. Dit is reg: leef van binne na buite vanuit 'n gesonde menswees.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Nogtans sal ek

Hoe kry 'n mens 'n vastrapplek wanneer dit vir jou voel asof jou wêreld uitmekaarval? Hoe maak jy en waarheen gaan jy wanneer dinge nie uitwerk soos jy gehoop het nie? Luister, jy kan waarlik God se hart vir jou vertrou. Moenie toelaat dat die storms aan die buitekant onstuimigheid in jou binnemens veroorsaak nie.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za