Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te KomVoorbeeld

How To Move Through Suffering And Come Back Stronger

DAG 3 VAN 7

Donna Gibbs: Hoe Om Deur Lyding Te Werk En Sterker Daaruit Te Kom Oordenking Dag 3

'n Verandering in Perspektief

Skrifgedeelte: Psalm 19:14

 

Om veerkragtigheid op te bou moet ons ontslae raak van herhalende, afbrekende gedagtes oor onsself, God, ander mense en ons omstandighede. Jy mag vind dat wanneer jy die meeste sukkel, jy op gedagtes fokus soos: 

 

God help my nie. 

Ek kan nie nog 'n dag langer so aangaan nie. 

Ek sal nooit weer iets goeds in die lewe ervaar nie. 

Niemand verstaan nie.

Dit is aaklig. Ek sal nooit hierdeur kom nie. Ek kan dit nie meer hanteer nie.

Ek is 'n aaklige mens. 

 

Om veerkragtigheid op te bou moet valse gedagtes met die waarheid vervang word. Wanneer ons hierdie oorlog voer, rig ons bewustelik ons gedagtes en met harde werk vervang ons die onwillekeurige, afbrekende gedagtes met gedagtes van hoop, waarheid en dankbaarheid, soms bewustelike dankbaarheid.  Deur ons gedagtes te omskep kan ons terugbons van die lewe se seer en veerkragtigheid opbou. Let wel, ons kan niks aan ons omstandighede doen nie, maar ons kan ons perspektief en gedagtes aangaande ons omstandighede aanspreek. 

Wanneer ek die woord veerkragtigheid hoor, dink ek onmiddellik aan 'n rubberballetjie wat hoër hop as sy beginpunt. Hoe harder jy dit gooi, hoe hoër bons dit. Die veerkragtigheid van die balletjie oorkom swaartekrag. 

Kan dit so wees met ons lewenspyn? Is dit moontlik dat ons hartseer ons kan aandryf om terug te bons? Kan ons uiteindelik in 'n beter toestand wees as voordat ons in die grond ingedryf was? Absoluut! Vriend, jy kan ook terugbons. Ek weet jy kan, want ek ken die God wat jou veerkragtig kan maak! 

Natuurlik werk God volgens sy tydlyn, nie ons s'n nie. Hy is 'n prosesgeoriënteerde geneesheer wat ons deur ons seer en genesing lei, eerder as om ons daar om heen te lei, of dit weg te neem. Sal jy Hom vertrou om jou deur jou pyn te lei? Dit is tyd om terug te bons. Gun jouself die voorreg van die geleentheid. Net omdat jy vasgekeer voel, beteken dit nie dat jy so hoef te bly nie. God sal seëninge uit jou vervloekings bring. Hy wil hê jy moet terugbons. 

 

Watter afbrekende gedagtes koester jy gereeld? Wat sê dit oor hoe jy oor jouself dink? Met watter positiewe gedagtes kan jy dit vervang?

 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How To Move Through Suffering And Come Back Stronger

Elkeen van ons kan verseker weet dat ons die een of ander tyd in ons lewens lyding gaan ervaar. As ‘n berader het ek gesien hoe dié wat ly, verander word. Ek het gesien hoe diegene, wat eers deur trauma platgeslaan is, geleer het om blymoedig te ly. In hierdie kort oordenking bid ek dat jy sal besef dat jou storie nog nie klaar is nie. Jy mag dalk nou ly, maar jy kan leer om blymoedig te ly. In plaas daarvan om vasgevang te word in “Hoekom?”-vrae, kan jou vraag eerder “Wat is volgende?” wees. Jy kan veerkragtig word.

More

Baie dankie aan Donna Gibbs en Baker Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https//www.becomingresilientbook.com