Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld
Wat om vir jou kinders te bid
Moets en moenies (2)
Moenie in jou bitterheid of onvergewensgesindheid teenoor jou kind toelaat nie.
Vra God vir liefde in jou hart: liefde wat onvoorwaardelik is, liefde ongeag dit wat in die verlede gebeur het, liefde ten spyte van hoe jou kind optree.
Bespreek jou kinders eers met God voordat jy raad van ander vra. So baie ouers bespreek hulle kinders se gedrag en probleme met ander, vra hulp, kla oor hulle kinders, lees boeke oor kinderopvoeding en neem hulle vir professionele hulp, maar bid op die ou end nooit vir hulle nie en soek nie leiding uit die Woord nie.
Moenie jou kinders voor God aankla nie. Jou werk is om as priester voor God te staan en te pleit vir genade en barmhartigheid. Die duiwel is die aanklaer. As jy jou kinders voor God kom aankla (vir God kom vertel wat hulle alles verkeerd doen), doen jy dieselfde werk as die duiwel.
Moenie die werk van die Heilige Gees probeer doen nie. Jy kan nie jou kind van sonde oortuig nie. Jy kan nie jou kind se hart verander nie. Dit is die werk van die Heilige Gees.
Moenie haastig wees met jou kind nie. Moenie verwag dat jou kind oornag moet verander nie. Die meeste dinge in jou kind ontwikkel deur ’n lang groeiproses (onthou jy dat dit met jou ook so was toe jy ’n kind was?). As ouers is ons teenoor God verantwoordelik om ’n geestelike nageslag voort te bring (Maleagi 2:15).
Eenvoudige gebede is goed genoeg. Soms is ’n enkele sin wat ’n mens die hele dag telkens weer en weer bid, heeltemal genoeg. Moenie jou gebede ingewikkeld maak nie.
Dit is belangrik om gereeld vir jou kinders te bid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com