TydelikVoorbeeld

Dag 3: Windverwaaid
Filippense 4:11-12 “Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as gebrek te ly”.
Daar is tans verskeie winde wat van elke windrigting waai. Politiek wat op ons afstorm, kospryse wat amper daagliks verhoog, ens. Ons beleef van die sterkste warrelwinde ooit. Dan is daar die gewone stroom van uitdagings naamlik werk, finansies en gepaardgaande stres wat jou van agter af ’n oorveeg kom gee, net om jou balans amper te laat verloor. Jou gesin, emosies en huishoudelike balanseertoertjies, kom lê netjies op die voorstoep van jou lewensbestaan.
En só dink jy elke dag dat jy alles onder beheer het, of jy probeer altans so voel. Ons waggel windverwaaid voort in oorvloed en gebrek. Soveel mense projekteer hopeloosheid, onstandvastigheid, verlorenheid, desperaatheid. Al wat baie mense hét, is die tasbare tydelike dinge.
En tog staan ons steeds (tydelik) in 'n posisie van oorlewing. Ons moet toegerus wees vir die dag van môre, gereed om te vries, veg of vlug. Of dalk kan ons kies om onsself te verloor in die arms van genade. Dít is in oorvloed — altyd.
Genade het nie 'n vervaldatum nie. Genade is genoeg. As jy dáárin gebrek ly, moet jy nog meer ondervinding verkry.
Gebed: Here Jesus, ek wil geen gebrek ly as dit by U kom nie. Ek wil in elke omstandigheid my hulp by U vind.
Ons kan so baie leer by Paulus omdat hy genoeg geleer het om ons te leer! Elke omstandigheid is tydelik.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Het jy geweet? Elke persoon op aarde het ‘n vervaldatum. Op supermarkte se rakke kan ons elke produk se vervaldatum sien. Die produkte is tydelik op die rak. Ons weet egter nie wanneer dit óns beurt is nie. Ek en jy is tydelik op aarde. Wat doen ons in ons tydelikheid? Die beste van alles is dat probleme en uitdagings ook tydelik is, elkeen ook met sy eie vervaldatum!
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
