7 Eenvoudige Idees Om God Te AanbidVoorbeeld

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

DAG 3 VAN 7

SLEUTEL 3: Kyk vir hoeveel dinge jy God elke dag kan dank

Jare gelede het ons finansieel deur 'n baie moeilike tyd gegaan met geen vooruitsig op 'n uitkoms binnekort nie. Een van ons geestelike leiers het ons bemoedig en gesê: "Verskuif jou fokus na God se goedheid en dit sal jou fokus wegdraai van jou omstandighede af." Hy het ons genooi om 100 dinge neer te skryf waarvoor ons God kan dank. Dit het maklik begin, maar toe ek by 25 dinge op my lys kom, het ek gevind dat ek items wat ek reeds neergeskryf het, begin herhaal! Dit was 'n wonderlike ervaring en dit het beslis ons fokus van ons omstandighede na God verskuif.

Om gevalle van God se goedheid in ons lewens neer te pen, is 'n wonderlike en eenvoudige manier om ook weer in aanbidding tot God te tree. Soos jy dinge neerskryf, begin jy sy goedheid en sorg op soveel ander terreine van jou lewe wat jy dalk as vanselfsprekend aanvaar het, besef.

Om dankie te sê, verlig die las wat ons ervaar en help ons om probleme in die regte perspektief te sien. Wanneer jy ook al voel jy het 'n doodloopstraat in jou lewe bereik, haal 'n pen en papier uit. Begin skryf en dank God vir dinge wat Hy in jou lewe doen. Sodra dit 'n gewoonte word, kan jy dit in jou hart doen sonder om dit neer te skryf.

Jy kan ook dankie sê vir alles wat jy leer in jou huidige moeilike situasie. Vra die Here om vir jou areas van jou lewe uit te wys waar jy moet groei of jou eie mening of eie wil moet neerlê. Dank God so dikwels as wat dit by jou opkom — wanneer jy op pad werk toe is of snags in jou bed of selfs wanneer jy in die middel van die nag wakker word. Wanneer jy nie aan nog redes kan dink om Hom te dank nie, vra die Heilige Gees om jou te wys!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

Het jy 'n diep begeerte om die Here te aanbid, maar jy voel voortdurend oorweldig deur die lewe se besigwees, moedeloosheid of dinge wat jou aandag aflei? Hierdie leesplan bied eenvoudige en praktiese hulpmiddels om jou te help om 'n leefstyl om God te aanbid te begin en te vestig.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com/