Oor Niks BeangsVoorbeeld

Anxious for Nothing

DAG 5 VAN 5


Dink na oor Hierdie Dinge

Paulus se laaste opdrag in sy voorskrif vir angs, is om na te dink oor die dinge van God. Met ander woorde, kies waaroor jy dink. Stel jou gedagtes voor as vliegtuie in die lug bo 'n besige lughawe. Jy is in beheer van daardie lughawe se lugverkeer. Jy kan besluit watter gedagtes land en watter vlieg weg. Wil jy môre gelukkig wees? Laat die gedagtes van geluk vandag land. Wil jy môre ellendig wees? Laat gedagtes van skuld, bekommernis en vrees vandag land.

Genesing van angs, vereis gesonde denke. Om die waarheid te sê, jou uitdaging is nie jou uitdaging nie; jou uitdaging is die manier waarop jy dink oor jou uitdaging. Net so is jou probleem nie jou probleem nie, maar die manier waarop jy na die probleem kyk — dis jou probleem. Die Satan weet dit, daarom is hy altyd besig om leuens in jou denke te plant. Hy wil die manier beïnvloed hoe jy jou stryd of onsekerhede sien. Onthou dat hy nie die meester van jou verstand is nie.

Verder het jy 'n krag wat hy nooit kan verslaan nie, want jy het God aan jou kant. Wanneer angs swaar op jou hart druk, kan jy eenvoudig na God roep. Dit boei die skuldige en marsjeer dit voor die Een wat alle gesag het. Dit verhoed dat bekommernisse en vrese 'n platform kry om jou denke te beïnvloed. Dit bewaar jou gedagtes terwyl jy op God jou Vader vertrou.

Natuurlik, om dit te en dit te doen is twee verskillende dinge. Jy sal dalk wil besluit dat jy vandag net sal dink aan dinge wat waar, eerbaar en reg is ... selfs al maak dit jou dood. Wie kan dit regtig doen?

Daar is 'n eenvoudiger manier: maak dit net jou doel om aan Christus vas te klou. Bly in Hom. Gaan na Hom as jou bron van krag en die Een aan wie jou gedagtes gehoorsaam moet wees. Lees die Woord van God. Luister na preke. Aanbid Hom. Sit afleidings opsy en eis tyd vir Hom op. Verstaan ​​dat as daar iets goeds in jou lewe kom, Hy die kanaal daarvoor sal wees.

Die oorheersende plig van die dissipel is om aan Jesus vas te klou. Wanneer jy aan Jesus vashou, vul jy jou gedagtes met die waarheid van God. Jy ontwapen die vyand en hou angs op 'n afstand. Jy ontvang God se waarheid. Dis daardie waarheid wat jou vrymaak – vry van spanning, vry van depressie, en, ja, vry van angs.

Om angstig te wees, beteken net dat jy 'n mens is. Dit beteken nie dat jy emosioneel onderontwikkeld, dom, duiwelbesete of 'n mislukking is nie. Dit beteken nie jou ouers het jou in die steek gelaat of jy vir hulle nie. En — dit is belangrik — dit beteken nie dat jy nie 'n Christen is nie. Ja, selfs Christene worstel met angs. Jesus self het met angs in die tuin van Getsemane geworstel. Hy het egter nie angstig gebly nie en jy hoef ook nie.

'n Nuwe dag wag op jou. ’n Nuwe tydperk waarin jy jou minder sal bekommer en meer sal vertrou. 'n Tydperk met verminderde vrees en versterkte geloof. Kan jy jou 'n lewe voorstel waarin jy oor niks angstig is nie?

God kan — en met sy hulp sal jy dit ervaar.

Reageer

Hoe het jou begrip van God se opperheerskappy oor jou probleme jou gehelp om jou gedagtes op goeie dinge te hou? Hoe word dit vir jou 'n stryd?

Wat beteken dit vir jou om jou oë op Jesus te rig? Hoe help dit jou om jou gedagtes gevange en gehoorsaam aan Christus te hou?

Watter strategie kan jy gebruik vir die volgende keer wat angs jou hart en denke probeer oorneem?

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Anxious for Nothing

Topverkoper skrywer Max Lucado ondersoek God se behandelingsplan vir angs wat in Filippense 4:4–8 gevind word. Terwyl jy hierdie voorskrif volg — ​​om God se goedheid te vier, om sy hulp te vra, jou bekommernisse by Hom te los en oor goeie dinge te peins — sal jy God se vrede ervaar. Alhoewel angs deel van die lewe is, hoef dit nie jou lewe te oorheers nie.

More

Ons wil graag vir Max Lucado, HarperCollins en Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.thomasnelson.com/9780310087311/anxious-for-nothing-study-guide/