Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusVoorbeeld

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAG 39 VAN 43

Regverdigheid Begin Met Nederigheid

Lees: 2 Petrus 2:11-16

SOAP: 2 Petrus 2:15

Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal geraak. Hulle het die weg gevolg na Bileam seun van Beor wat daarop uit was om vir geld onreg te pleeg.

Oordenking

Het jy al ooit die verhaal van Bileam gehoor? In Numeri 22 - 24 vind ons ‘n veelseggende verslag van ‘n nie-Joodse profeet genaamd Bileam. Hy staan as ‘n aanskoulike voorbeeld van iemand wat die onderskeid tussen reg en verkeerd geken het, maar die versoeking het hom van geregtigheid laat afwyk. Ten spyte van die begrip dat dit verkeerd was om die Jode te vervloek, het Bileam se hart gewankel toe rykdom en eer aan hom voorgehou was. Net so het die man wat eens duidelik was oor die regte pad, toegelaat dat hy deur die wêreldse veroekings om die bos gelei word.

Net soos Bileam, het baie valse leraars gedurende Petrus se tyd en ons tyd toegelaat dat hulle siele verstrik raak deur hebsug en selfgesentreerde begeertes. Die aanloklikheid van materiële winste en menslike erkenning het hulle die uiteindelike waarheid en goddelike doel uit die oog laat verloor. Hulle wat helder bakens van God se wysheid kon wees, het eerder ‘n skaduweepad gekies wat hulself en ander na geestelike duisternis gelei het.

Gelukkig is daar vir ons ander baie meer inspirerende rolmodelle in die Skrif! Wanneer ons kyk na die model van ‘n ware dienaar van God, soos Moses, Daniël of Ester, wat sien ons? ‘n Hart vol nederigheid, oë wat verby persoonlike winste kyk en hande wat poog om ander met liefde en gehoorsaamheid te dien. So ‘n dienaar jaag nie wêreldse lof of geldelike belonings na nie. Vreugde en bevrediging kom uit elke daad om God te dien waar dit genoeg is om sy liefde na ander uit te straal.

In vandag se wêreld waar verskoeking dikwels geklee kom in die mees aanloklike gedaantes, mag ons mense wees wat vasstaan in ons geloof. Mag ons harte geanker bly in God se waarheid en ons gees versterk word deur ‘n opregte liefde vir Hom. Laat ons nie deur vlietende plesier of die wispelturige applous van die wêreld van stryk gebring word nie. Laat ons harte eerder ‘n lied van onsterflike toewyding en standvastige gehoorsaamheid aan ons Hemelse Vader sing.

Gebed

Liewe Here Jesus, versterk asseblief my hart teen die aanloklikheid van die wêreldse versoekings. Help my om U te dien met onwrikbare liefde en gehoorsaamheid, en om u wil bo alles te plaas. Amen.

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onontbeerlike kompas om die lewe in moeilike tye te navigeer. 1 en 2 Petrus is 'n herinnering aan God se blywende liefde, die belangrikheid van standvastige geloof en die belofte van die ewige lewe.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans