’n Dankbare HartVoorbeeld

’n Dankbare Hart

DAG 5 VAN 5

“Liefdesopenbaring”


Jesus se kruis is die plek waar God sy liefde aan ons op ’n sigbare manier bewys. As jy ooit weer aan God se liefde vir jou twyfel, kyk maar net na die kruis waar God se Seun ’n onmenslike lyding onskuldig verduur het, net om een rede: sodat God jou sonde kan vergewe. Want sonde moet gestraf word en God is absoluut regverdig. Daar moet dus ’n prys betaal word vir al die verkeerde dinge wat jy deur die loop van jou lewe doen.

Meer nog, in ’n heilige God se oë verdien sonde die doodstraf. Jesus sterf in jou plek, Hy neem die rekening van jou sonde en spyker dit aan sy kruis vas. Omdat Hy dit doen, word jy vir altyd vrygeskeld van jou sondeskuld.

Heel waarskynlik sal dit die res van jou lewe neem om jou dankbaarheid teenoor Hom met jou leefstyl te bewys.

GEBED: Hemelse Vader, ek kan my nie indink wat dit U moes gekos het om u Seun in my plek vir my sonde te laat sterf nie. Maar ek wil U nou daarvoor dank met my lewe. Amen.


Hierdie oordenking is geneem uit GESKENK VAN GENADE deur Nina Smit.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Dankbare Hart

“Dankie” is so ’n klein woordjie, maar kan so ’n groot impak hê. Sê ons genoeg dankie vir wat mense vir ons doen? Sê ons genoeg dankie vir God? Hierdie 5-dag leesplan oor dankbaarheid is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit, uit haar dagboek GESKENK VAN GENADE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/