Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te WeesVoorbeeld
Jesus het nie gekom om te verloor nie
Jesus het vir ons 'n baie effektiewe strategie gegee om die verlorenes en die nasies te bereik: doelbewuste vermenigvuldiging.
Ons hoor al meer dat mense van vermenigvuldiging praat. Maar daarmee bedoel baie slegs dat meer en meer mense betrokke sal raak. Die beter definisie is om elke persoon wat betrokke raak, te help om homself of haasrself te dupliseer of te vermenigvuldig sodat elke sendeling nog 'n sendeling sal maak wat weer op hulle beurt sendelingmakers sal maak. Elke dissipel word 'n dissipelmakende dissipel. Elke gemeente plant nog 'n kerk en elke kerk word 'n kerkplantende kerk.
Die plan wat Hy vir ons gegee het is 'n plan wat oorwinning sal bewerkstellig en die massas na Hom toe sal bring maar dan moet ons die plan uitvoer.
Ons lees hiervan in Matteus 28:19-20. Jesus sê vir die dissipels om nog dissipels te gaan maak. Die bedoeling was om te sê: maak dissipels wat weer dissipels sal maak en weer dissipels sal maak. Dit beteken dus dat Hy daarmee bedoel het dat die elf dissipels dissipelmakende dissipels moet wees.
Die probleem is egter dat ons dit nie doen nie. Jesus het 12 en toe 72 opgelei. Binne 300 jaar na sy hemelvaart was byna 30% van die Romeinse ryk Christene. Maar toe hou die kerk op om van Christene dissipels en dissipelmakers te maak. Vandag is daar steeds 7200 etniese groepe wat nog nie met die evangelie bereik is nie en drie miljard het nog nie van Golgota gehoor nie.
Aangaande hierdie leesplan
Jesus het vir ons 'n roeping gegee: ons, die kerk, sy dissipels en alle gelowiges moet uitgaan na al die nasies toe, mense sy dissipels maak en hulle leer om Jesus te volg. Dit is waaroor hierdie leesplan gaan.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/