Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en BarmhartigheidVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid

DAG 5 VAN 5

Die boek Spreuke oor hoe om armes te behandel

Maak jou hart oop en laat die Heilige Gees toe om met jou te praat uit hierdie verse in Spreuke. Kom ons trap versigtig wanneer dit kom by mense wat in armoede leef. God het vir ons die armes gegee. Hy sal rekenskap van ons eis.

Spreuke 14:31 — "Wie ’n arm mens verdruk, beledig sy Maker; wie hom oor ’n arm mens ontferm, eer God."

Spreuke 19:17 — "Wie hom oor ’n arm mens ontferm, gee ’n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed."

Spreuke 21:13 — "As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van ’n arm mens, sal jý ook nie antwoord kry as jý roep nie."

Spreuke 29:7 — "’n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense, 'n goddelose mens het nie begrip vir dié besorgdheid nie."

Spreuke 22:22-23 — "Moenie ’n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie; moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie. Die Here sal hulle saak behartig en dié wat vir hulle beroof, van die lewe beroof."

Spreuke 31:9 — "praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges."

Spreuke 28:27 — "Wie vir ’n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor."

Gehoorsaamheid: Vra die Heilige Gees om vir jou, jou gesindheid te wys ten opsigte van mense wat in armoede leef. Sal God daarmee tevrede wees? Onthou ons elke keer dat hulle as die beeld van God geskep is — net soos ons?

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid

Baie mense wil nie vir armes gee nie omdat hulle dink arm mense is lui, dom en onverantwoordelik. Soms is dit waar, maar in die meerderheid van gevalle is dit geensins waar nie. Baie arm mense is 'n 'n siklus van armoede vasgevang waaruit hulle nie kan kom nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/