Vyf Negatiewe en Skadelike EmosiesVoorbeeld

Om ongeliefd en onaanvaarbaar te voel
As ons net na ons eie lewens kyk, sal ons hierdie gevoelens herken. Vir sommige mense verander hierdie gevoelens hul gedrag, breek hul selfbeeld af, vernietig hul vryheid en belemmer hul vermoë om sosiaal met ander in gesonde verhoudings te staan.
Hierdie emosies lei tot 'n lewe van agterdog oor ander se optrede: "Praat die twee mense daar in die hoek oor my? Waarom het hulle al twee keer die afgelope halfuur na my kant toe gekyk?" "Waarom het daardie man die partytjie verlaat twee minute nadat ek daar aangekom het?"
Verwerping kom wanneer ons mishandel of gemolesteer word, omdat ons geen positiewe liefde of erkenning van ons ouers of vriende ontvang het nie.
Sommige mense sal probeer om harder te werk in die hoop dat hul prestasie hulle meer aanvaarbaar sal maak. Hulle besef egter gou dat dit nie die probleem oplos nie, want hulle sal die dwarslat hoër moet stel. Hulle sal begin om hulleself met ander te vergelyk.
Die oorsaak van hierdie gevoelens kan seksuele misbruik wees. "Ek is deur my pa en broers of ‘n vriend gemolesteer. Niemand sal my nou liefhê of aanvaar nie." Uiteindelik sal sulke mense volgens hul gevoelens optree, en 'n bose kringloop begin. Negatiewe gevoelens en gedagtes wek net meer negatiewe gevoelens en gedagtes op en dit word 'n negatiewe lewenspatroon.
Hoe kan jy die siklus stop? Jy moet verstaan dat jy nie is wat ander van jou dink nie, en tweedens is jy nie wie jou emosies jou vertel oor wie jy is nie. Wie jy is, word bepaal deur wat God van jou sê en dink. God is die enigste onbevooroordeelde persoon in die heelal. Net God oordeel akkuraat. Daar is veiligheid in God. Die Here Jesus het vir al jou sondes gesterf en jou bevry van verwerping, elke gevoel van mislukking, en om vuil te voel. Indien jy daartoe bygedra het om ongelief en onaanvaarbaar te wees, is sy bloed genoeg om jou van alle sonde en gebeure van die verlede te reinig. As iemand jou seergemaak het, vergewe. As jy iets verkeerd gedoen het, vra vergifnis en vergewe jouself ook.
Gehoorsaamheid: Gee al jou negatiewe gevoelens aan God oor en vra Hom om dit weg te was met die bloed van Jesus: "Lank gelede reeds het die HERE dit aan ons bekendgemaak: 'Ek het jou lief met 'n liefde wat nooit ophou nie'"(Jeremia 31:3a NLV).
Prakties: Vra die Here om vir jou iemand te wys wat verwerping belewe. Bring tyd deur saam met die persoon en help die persoon om sy of haar verhaal te vertel. Bid saam met die persoon.
Aangaande hierdie leesplan

Gevoelens van skande ("shame") is iets wat deur baie mense ervaar word. Soms het mense skandelike dinge gedoen en daarvoor moet vergifnis gevra word. Ander het gevoelens van "shame" as gevolg van dinge wat met hulle gebeur het waaroor hulle geen beheer gehad het nie.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/
Verwante Leesplanne

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Voltydse Volharding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
