Stiltyd GedigteVoorbeeld
Spreuke 24:16 (NLV): “Selfs al val ‘n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan. Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp.”
DIE REUS BINNE JOU
Soms is dit kompleet asof niks meer bestaan
Gevoel maak nie saak nie, die wêreld kan vergaan
Als wat kon wees is in rook grys en blou,
maar weet vandag — daar is ‘n reus binne jou!
Al het jy geen idee van wat môre kan gebeur,
jy weet tóg daar is Iemand, Hy gee vir jou ‘n deur
om te open in tyd, nuwe dinge sal ontvou
en in die proses wéét daar skuil ‘n reus binne jou!
Woorde alleen sal nooit jou wonde kan verbind
maar weet jy is kosbaar en steeds ‘n Koningskind
Probeer tog te fokus verby die vaal-grou,
jou Vader sê vandag: “daar is ‘n reus binne jou”!
Soveel gevoelens, vrae, Here soveel seer …
Hoe dan nou gemaak, waarheen my Heer?
“Volg My blindelings, My woord belowe trou
Ek rig iets op diep versteek — die reus binne jou”!
Gebed: Vader, dankie dat U getrou is. Dit is u hand wat my elke dag dra en u woord wat my bemoedig om weer op te staan.
Onthou, jy mag dalk klein voel in die wêreld, maar as kind van God staan jy kop en skouers uit!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Koning Dawid is sekerlik die beste voorbeeld wanneer gedigte ter sprake kom. Hy het gereeld God se lof besing, sy grootheid erken. Tydens krisistye het hy by God gepleit. Selfs koning Salomo het hierdie gawe by Dawid geërf; wandel gerus deur Hooglied. In jou stiltyd kan gedagtes ‘n gedig voor God se voete word, in goeie en slegte tye. In hierdie leesplan val woorde in lyn om te rym.
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/