Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te VolgVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

DAG 4 VAN 6

Ek doen; julle kyk en leer

Lees Matteus 4:23-25 — "Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig … Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg."

Nadat Jesus Simon, Andreas, Jakobus en Johannes geroep het, lees ons hoe Hy deur die dorpe gegaan het om te preek, om siekes gesond te maak en die duiwelbesetenes te verlos.

Dieselfde het in Markus 1 gebeur nadat Jesus hierdie vier manne geroep en gesê het: Volg My.

Kyk wat het hy gedoen:

1. Jesus het sy gesag oor die demone gedemonstreer (Markus 1:21-28; 5:1-20).

2. Jesus het sy gesag oor sonde gedemonstreer (Markus 2:1-12).

3. Jesus het sy gesag oor die sabbat gedemonstreer (Markus 2:23-3:6).

4. Jesus het sy gesag oor die natuur gedemonstreer (Markus 4:35-41).

5. Jesus het sy gesag oor siekte gedemonstreer (Markus 1:40-45; 5:21-34).

6. Jesus het sy gesag oor die dood gedemonstreer (Markus 5:35-43).

Hy het basies vir hulle gesê: Ek doen; julle kyk.

Besef jy dat wanneer jy die Bybel lees en wanneer jy toegerus word om 'n dissipel en dissipelmaker te wees, kyk jy eerstens hoe Jesus werk?

Vraag: Sien jy jouself as iemand wat besig is om opgelei te word om ‘n dissipel te wees maar ook ‘n dissipelmaker te wees?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom te volg en vissers van mense te maak. Die twee begrippe kan nie van mekaar geskei word nie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/