Sy liefde red onsVoorbeeld

Christus en die kruis
In wat sekerlik een van die bekendste teksverse in die Bybel is, word die ganse evangelieboodskap bondig saamgevat. Deur die woord “só” by die Vader se liefde te voeg, word die omvang en rykdom van sy buitengewone liefde vir ons beklemtoon. Alhoewel ons nie die diepte of hoogte daarvan kan begryp nie, word dit voortdurend en in onbeperkte maat deur die kragtige werking van die Heilige Gees in ons harte uitgestort.
Dit is ’n liefde wat voortdurend van Homself gee, want God is liefde en sy kosbaarste geskenk aan elkeen wat in Hom glo, is Jesus Christus. As ewebeeld van God het Jesus nie gekom om die mensdom te veroordeel nie, maar te verenig, want uit Hom straal die heerlikheid van God. Sy liefde red mense uit elke nasie, stam en taal, want alhoewel God sonde haat, is Hy lief vir sondaars.
Ons reaksie op hierdie onberekenbare liefde van God is om Christus en die kruis met alles in ons aan te gryp, want sy lewe op aarde het alles vir altyd verander. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop en in elke hart wat in Hom glo, ’n ewige vlam aangesteek.
Vader, dankie dat U ons wêreld, wat van sonde deurtrek is, red deur u Seun daarvoor te laat betaal. Ons is innig dankbaar vir die kruis waar Christus sy liggaam geoffer het, en laat u liefde my dring om vir ander mense die evangelieboodskap te bring. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Vader, volmaak, vergewe en vrygespreek, ons foute vir ewig uitgewis. Daarom kan ons Hom vandag loof en die kruis aangryp en weet: Sy liefde red ons!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
