Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedVoorbeeld
Jesus se meesterklas oor gebed
Jesus het nie aanvaar dat ons outomaties alles oor gebed sou weet nie. Hy het genadiglik sy volgelinge, wat in die Bergpredikasie wou leer bid, geleer en gesê:
"As jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose" (Matteus 6:6-13).
Let op sommige van die waarhede wat Jesus insluit: Gebed hoef nie lank of ingewikkeld te wees nie. Gebed is nie bedoel om 'n openbare optrede te wees nie, maar gaan daaroor om met God te verbind. Gebed word deur God verwelkom. Hy hou daarvan om te reageer wanneer ons in gebed na Hom toe kom. Gebed is 'n geleentheid om God te aanbid en sy grootheid te erken. Gebed kan insluit om vergifnis te vra, voorsiening te vra en God se wil te soek. Gebed bevorder God se koninkryk op aarde! Ons vaardigheid en gesofistikeerdheid maak nie saak nie, want ons stel nie ons vertroue in die krag van ons gebede nie. Ons vertroue is in die krag van God, wat ons liefhet en na ons luister en optree wanneer ons bid. Dit is waarom ons bid. Die “regte woorde” of 'n sekere formule is nie die fokus van gebed nie. Jesus is.
Gebed
“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Amen."
Aangaande hierdie leesplan
Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedigheid te bid.
More
Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org/