Hoe Om Jou Millenniër Te Help Om Na Geloof Terug Te KeerVoorbeeld
![How To Help Your Millennial Return To Faith](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4260%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
"Onuitspreeklike Seer"
Die meeste ouers, as hulle bereid is om eerlik te wees, sal jou vertel dat hulle seer het. Hulle het seer oor die swak keuses wat hulle volwasse kinders maak. Hulle het seer oor die intimiteit wat hulle vroeër met hulle seun of dogter gehad het.
In so baie gesinne het geloof net uit kerkbywoning bestaan. Gooi so 'n paar addisionele kerklike aktiwiteite by, 'n paar oordenkings as gesin en lesings oor die regte ding om te doen. Die waarheid is dat baie ouers voel hulle het daarin gefaal om hul kinders geestelike leiding te gee.
Ek onthou wat 'n ouerige leraar van sy verlore seun met my gedeel het. Ons het in sy kantoor gesit net voor ek in sy kerk sou preek. Ek het baie foto's van sy pragtige gesin daar gesien. Ek het egter opgelet dat hy net onlangse foto's van sy dogters gehad het, maar nie van sy seun nie. Toe ek daarna verwys, het hy gesê hy en sy vrou het jare laas met hul seun gepraat. Die leraar met met trane in sy oë gesê: "Dit is my skuld dat hy van God af weghardloop. Ek was te besig met my bediening aan ander en het nie genoeg vir my seun gedoen nie. Daaroor is ek die meeste spyt."
Klink dit bekend? Haal die "bediening aan ander" uit en vul die spasie in. Ons het almal spyt en weet van godvrugtige ouers wat ook spyt het.
Om egter aan jou spyt vas te hou, verhoed jou om ware vryheid in Christus te ervaar. Om deur die golwe van spyt rondgeslinger te word, is waar die Satan, ons groot teëstander, ons wil hê. Hy wil nie hê jy moet al jou spyt laat vaar nie. Hy wil hê jy moet daarin verdrink. Elke keer wanneer jy sien hoe jou seun of dogter verkeerde keuses maak, wil die Satan hê jy moet spyt voel. Hy wil hê jy moet jouself vir hulle sondige keuses blameer. Net soos die apostel Paulus, moet jy hierdie versekering verkry: "... Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is" (Filippense 3:13).
Die punt is nie om berou te hê dat jy spyt is nie. (Dit bring net verdere spyt.) Gee eerder jou spyt aan God en laat toe dat sy genesende krag beheer oor jou lewe neem. Die ou gesegde lui: "Jy kan die verlede nie verander nie, maar jy kan daaruit leer."
Wanneer jy dus teleurgesteld voel oor die manier waarop jy 'n ouer was, kyk na God. Wanneer twyfel nader kruip en jy voel jy het as ouer misluk, roep die Here aan. Hy sal jou seer genees.
Aangaande hierdie leesplan
![How To Help Your Millennial Return To Faith](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4260%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Om hul geloof te laat vaar, is 'n pynlik diep en algemene probleem wat onder millenniërs voorkom. Selfs sommige wat in sterk Christelike gesinne grootgeword het, stap van hul geloof af weg. Deskundige apologete en outeurs, Alex McFarland en Jason Jimenez, hanteer hierdie nuwe werklikheid met deernis aan ouers wat belas en alleen voel. Hulle deel statistieke, verhale en praktiese maniere hoe ouers hul kinders kan beïnvloed en help om hulle huistoe te lei.
More