My RoepingVoorbeeld
![My Calling](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4255%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
"Hoor die Roepstem"
Ons assosieer engele met vlerke, maar hier het die engel in vlamme verskyn wat nie die bos verbrand het nie. Neem kennis dat dit nie 'n bos aan die brand was nie, maar dit was 'n brand ín die bos. Die woord engel beteken "God se boodskapper". Die boodskapper het die aandag gevestig op God se teenwoordigheid en die heilige plek waar Moses gestaan het. God se boodskappers kom in verskeie vorms; net so kan God ons aandag trek deur 'n ervaring, 'n gesig, 'n visie of 'n gedagte. Byvoorbeeld: 'n vurige beproewing, swaarkry of siekte kan God se manier wees om ons nader aan sy stem te trek.
Let op dat die vuur nie gepraat het nie; die bos het ook nie gepraat nie, maar God self het vanuit die bos gepraat. Eksodus 3:4: "Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: 'Moses! Moses!'....”
Die vuur het Moses se aandag getrek, maar dit was die stem van God self wat Moses aangespoor het om sy gesig te verberg. In Eksodus 3:7-9 het God sy besorgdheid oor die lot van sy volk verklaar en daarna het God vir Moses gesê: “Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry” (Eksodus 3:10).
Dit kon nie duideliker as dit gewees het nie. So nou, gaan. Ek stuur vir jou … God se roeping was nie vir sy eie welsyn of sy eie voorspoed nie, maar dit was uiteindelik ten bate van sy mense. Die roeping het baie tyd geneem en daar was 'n lang proses voordat Moses werklik God se roepstem gehoor het.
Daarom, met betrekking tot ons roeping, laat ons nie paniekerig raak of probeer om die proses waardeur Hy ons neem, te versnel nie. Die Here sal ons sagkens vorentoe lei deur verskeie fases van sy voorsienigheid en dissipline voordat Hy sy plan openbaar. Kom ons dien Hom en gehoorsaam Hom getrou waar ons is en kom uiteindelik by die heilige plek waar Hy sal spreek en ons opdrag gee met die taak wat Hy vir ons het.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![My Calling](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4255%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat beteken die term "roeping"? Is dit 'n hoorbare stem? 'n Droom? 'n Bonatuurlike ervaring? Hoe kan ek God se roeping vir my lewe uitken? Moses het 'n doelgerigte lewe gelei na daardie "brandende bos" ervaring, maar negeer dit al die vorige jare? Hier is 'n paar lesse gebaseer op Moses se lewe wat jou kan help om jou roeping te verstaan.
More
Ons wil graag vir Danny Sathyadass bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://citylightglobal.wordpress.com/