StorievertellersVoorbeeld
![Storytellers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4215%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
DIE LEWE SE EINTLIKE BETEKENIS
Wat is die eintlike betekenis van die lewe? Wat is die lewe se hoogste roeping of doel? Is dit die roeping om in die openbare diens te werk? Dalk is dit 'n loopbaan in die weermag, om ons nasie te beskerm en ons vryheid te verseker. Miskien dien jy as 'n polisieman of 'n onderwyser; dalk red jy lewens in die mediese veld. Is dit om 'n prediker of sendeling te wees? Dalk is dit nie 'n professie nie, maar om 'n ouer te wees. Volgens Jesus is die lewe se eintlike doel nie een van die bogenoemde nie.
Die lewe se eintlike roeping is om Jesus te volg. Niks anders is naastenby so belangrik nie. Moet dit nie miskyk nie:
- Jesus is die inisieerder. Met ander woorde, niemand ontdek God op sy eie nie. Jesus is die een wat ons roep.
- Jesus het vir almal gekom (2 Petrus 3:9). Dit beteken nie dat elkeen sal kies om Jesus te aanvaar en gered word nie, maar die oproep is op elkeen gemik.
Indien jy nie 'n verhouding met Christus het nie, roep Jesus jou vandag om Hom te volg. Die Woord van God sê dat wie in Hom glo en op Hom vertrou, nooit verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Johannes 3:16). Christus roep elke persoon om Hom te volg. Elkeen van ons het egter 'n keuse om te maak. Gaan jy Hom vertrou? Gaan jy Jesus as die eintlike doel van die lewe sien? Totdat jy dit insien gaan jy aanhou soek vir betekenis en doel in dinge wat jou nie regtig kan bevredig nie. Wat is dus die eintlike betekenis van die lewe? Dis om Christus lief te hê en Hom te volg. Enigiets anders skiet tekort.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Storytellers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4215%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die Bybel is vol verhale en vertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n verteller te word!
More