Dankie, Here!Voorbeeld
Tel die seëninge
Sjoe, te veel seëninge om op te noem of te tel! Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Dit is werklik hartseer om vandag so baie ondankbare mense in die wêreld te sien. Hulle kla altyd omdat hulle nie genoeg het nie of oor alles wat verkeerd gaan. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is.
’n Goeie oefening is om met ’n koppie koffie of tee te gaan sit en jou seëninge te begin tel. Noem hulle een vir een. Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Filippense 4:19 sê: “Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.”
Aangaande hierdie leesplan
Ons moet vandag werklik dankbaar wees. Ons moet werklik oorloop van dankbaarheid oor God se goedheid teenoor ons. Ons moet verstaan dat God se seëninge oor ons eintlik ontelbaar is. Raak vandag rustig en verwonder jou aan alles wat God elke dag vir jou doen. En dank Hom dan met liefde!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/