Om die Wil van God te VerstaanVoorbeeld

Op die eerste dag van hierdie leesplan het ons gesien dat dit die wil van God vir ons lewens is om meer soos Christus te wees en dat ons doel is: "beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee" (Matteus 6:33) — al die ander dinge in ons lewens waaroor ons bekommerd is, sal na omgesien word.
Op dag twee het ons gesien hoe die apostels volgens die wil van God gelewe het deur Hom op te soek en daarna stappe in die geloof geneem het deur te begin werk — en ons het gesien dat die Heilige Gees hulle gelei het terwyl hulle in beweging gekom het.
Ons het ook gesien hoe ons God kan soek deur eerstens tyd in gebed deur te bring, om ander te nooi om vir ons te bid, om ander se raad te vra en na sy wil in sy Woord te soek.
Dit is redelik maklik om tot hierdie punt te kom en te sê: "Reg, as ek God se wil verstaan dan kan ek uiteindelik doen wat reg is en vir my die beste is." Die probleem is dat dit nie altyd die geval is nie.
Jy sien, ons dink die probleem is dat ons nie weet of verstaan wat die wil van God is nie. Dikwels is die probleem egter dat ons weet wat die wil van God is, ons vind dit, verstaan dit, maar ons hou nie daarvan nie.
So baie van ons lees die Woord van God of verstaan sy spesifieke wil vir ons lewens, maar ons sê net: "O nee, dit kan nie so wees nie, dit is te moeilik."
Hierdie gedagtes begin in ons koppe maal: "Dit is te veel om prys te gee" of miskien "Nee, dit kan nie van God af wees nie. God sal dit nie wil hê nie. God het nie regtig dit bedoel nie, het Hy?" of "Die Bybel is 'n verouderde boek — dit is nie op die hedendaagse kultuur van toepassing nie."
Uiteindelik noem ons daardie Skrifgedeeltes die "probleem gedeeltes" en ons vertrou eerder ons eie harte as om God te vertrou.
Dit mag dalk soos 'n goeie idee klink, maar dit is nie. Jy sien, niks in jou lewe gaan jou so teleurstel soos jou eie hart nie.
Die saak staan so — solank as wat jy leef, gaan jy en God nie altyd saamstem nie. Indien God oor alles met jou saamstem, dan is jy besig om 'n valse idee van God te aanbid.
Dink daaroor na. Indien jy hierdie leesplan lees, is jy waarskynlik tussen die ouderdomme van 20 of 30 jaar of miskien 40 of 50 of miskien selfs 60 jaar oud.
God is oneindig — Hy het geen begin nie, want Hy is die begin. Hy is alwys, almagtig en alwetend.
Dink jy regtig dat indien daar 'n almagtige, alwyse en alwetende God is, wat die heelal van die begin van alle tyd af beheer, dat daar nie dinge gaan wees waaroor jy en Hy nie gaan verskil nie?
Wie dink jy is reg in hierdie meningsverskille?
Dit kan vreesaanjaend wees om God te volg of sy Woord te gehoorsaam, veral wanneer ons Hom nie verstaan nie. Ons moet egter onthou dat sy weë soveel hoër is, sy gedagtes soveel wyser is en daar eenvoudig dinge is wat Hy weet, maar ons nie. Alles wat Hy doen, doen Hy uit liefde.
Charles Spurgeon het dit so gestel:
God is te goed om onvriendelik te wees en Hy is te wys om verkeerd te wees. Wanneer ons nie die tekens van sy hand kan sien nie, moet ons sy hart vertrou.
Dalk is dit tyd dat ons begin om God meer te vertrou as wat ons onsself vertrou. Ons moet miskien net vertrou dat Hy ons beste belange op sy hart dra, selfs wanneer ons Hom nie verstaan nie.
Dalk is dit tyd dat ons die ware probleem erken — nie dat ons nie die wil van God verstaan nie, maar dat ons dit wel verstaan en doodeenvoudig nie daarvan hou nie. In so 'n geval is die probleem nie by Hom nie, maar by ons.
Ons kan Hom vra om ons te help. Ons kan Hom vra om by ons te wees en ons te help glo wanneer ons in 'n stryd gewikkel is. Ons kan vertrou dat Hy dit in sy liefde sal doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Was jy al ooit in 'n spesifieke situasie waar jy onseker was wat God se wil daarin is? In hierdie 3-dag leesplan verken ons hoe ons kan uitvind wat sy wil oor die algemeen asook sy wil, spesifiek vir ons lewens is.
More
Verwante Leesplanne

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
