Ongelyke Juk in die Huwelik: Uitdagings En GeleenthedeVoorbeeld

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

DAG 3 VAN 6

"ONGELYKE JUK" — WAT BETEKEN DIT?

Die gedeelte waarna hierbo verwys word, om nie met ongelowiges in dieselfde juk te trek nie, word gewoonlik aangehaal as bewys dat dit 'n sonde vir 'n Christen is om met 'n nie-Christen te trou. Hierdie stelling is debatteerbaar. Soos met menige voorbeelde van Bybelse interpretasie, is daar meer as een kant van die saak. Party Bybelstudente het met verwysing na hierdie verse uitgewys dat die konteks en die oorspronklike taal — spesifiek die Griekse woord heterozugeo, "om bymekaar onder dieselfde juk te kom" — dui aan dat Paulus nie spesifiek die huwelik hier in gedagte gehad het nie. Sy ware besorgdheid, soos partykeer beweer word, was dat die gelowige nie by afgodediens betrokke moes wees nie.

Daar is tog iets te sê oor hierdie teksverklaring, veral vanuit 'n tegniese oogpunt. Tog, vanuit 'n ander perspektief, is die geleerde besonderhede nie nou van belang nie. Of dit sondig is om met 'n ongelowige te trou plaas ons eers eenkant, maar ons kan steeds sonder enige twyfel bevestig dat dit onwys is. Gesonde verstand alleen dui dit aan. Hoekom? Omdat, oor die algemeen voorspel die praktiese uitvoerbaarheid van 'n geestelik gemengde verhouding niks goeds vir sukses in so 'n huwelik of die gesondheid van die gelowige huweliksmaat se verhouding met Christus nie.

Dit mag waar wees dat Paulus nie hoofsaaklik aan die huwelik gedink het nie toe hy geskryf het: "Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie" (2 Korintiërs 6:14). Maar dit beteken nie dat die beginsel saamgevat in die verse breër nie ondersoek kan word nie. Dit is altyd belangrik om onsself af te vra, in enige terrein van ons lewe, watter eenstemmigheid kan 'n gelowige met 'n ongelowige hê? Dit is veral waar wat die huwelik betref. Onthou die oproep van Christus: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg" (Markus 8:34). Indien jy 'n gelowige is, hoe kan jy verwag om 'n Meester te volg wat absolute trou vereis indien jy sou kies om "een vlees" (Genesis 2:24) te word met 'n persoon wat sy eise verontagsaam? Dit is 'n vraag waaroor diep nagedink moet word.

Natuurlik het niemand die gesag om vir iemand anders voor te skryf oor 'n keuse vir 'n huweliksmaat nie. Indien jy die moontlikheid oorweeg om met 'n ongelowige in die huwelik te tree, is jy reg om aan te neem dat dit net jou keuse is om te maak. Om daardie einste rede is dit noodsaaklik dat jy die besluit met die grootste sorg benader. Indien jy met 'n ongelowige trou, bestaan daar 'n goeie kans dat konflik met tyd sal vermeerder. Wanneer dit kom by die opvoeding van kinders, tiende vir 'n kerk, of ernstige siekte of dood, gaan julle twee waarskynlik verskillende ingesteldhede en metodes hê om dit te hanteer. Dit is waarom Paulus Christene aanraai: "Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie." Die besluite wat ons in ons lewens neem, is moeilik genoeg wanneer twee mense dieselfde geloofstelsel deel. Die situasie kan egter ondraaglik moeilik word wanneer hulle wêreldbeskouing lynreg verskil.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked In Marriage: Challenges And Opportunities

Om getroud te wees met iemand wat nie jou geloof in Jesus Christus deel nie, is nie 'n maklike saak nie. Om nie saam te stem oor sjokolade en vanielje nie, is dalk 'n spoedhobbel. Daarenteen, om nie saam te stem oor wêreldbeskouings nie, kan 'n berg wees. Of jy 'n Christen word voor of nadat jy getroud is, of wanneer jy enkellopend is en uitgaan, of aan 'n romantiese verhouding werk, kom ons gesels oor die struikelblokke en geleenthede wat opduik deur in 'n geestelike verhouding te wees wat onaanpasbaar is.

More

Ons wil Focus on the Family bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: http://family.custhelp.com/app/home