OnbereiktesVoorbeeld

Almal het ‘n rol
Oordink
Wat verg dit om een persoon die evangelie vir die eerste keer te laat hoor? Iemand moet hom daarvan vertel, nie waar nie? Is dit so eenvoudig? Dink aan alles wat voor daardie oomblik moes gebeur het. Die werk het reeds jare gelede voor hierdie gesprek begin:
Iemand het gebid.
Iemand het gegee.
Iemand het die sendeling emosioneel ondersteun.
Iemand het hulle familie ondersteun.
Iemand het hulle die taal geleer.
Iemand het die studiemateriaal vir hulle bediening ontwikkel.
Iemand het hulle help afskaal en verhuis.
Iemand het navorsing gedoen oor tegnologiese kwelvrae.
Iemand het raad gegee oor hoe om kos te maak met onbekende bestanddele.
Iemand het geluister toe hulle oorweldig gevoel het.
Iemand het hulle aangemoedig om God se roeping te volg.
Iemand het hulle opgelei om mense te vind wat gereed is om die goeie nuus te hoor.
Iemand het hulle toegerus met vaste verhoudingspatrone.
Iemand het hulle bewus gemaak van die gawes waarmee God hulle geseën het.
Iemand het hulle die eerste keer van die evangelie vertel.
Daar is ‘n rede hoekom Jesus die kerk opdrag gegee het om saam te werk om alle nasies te bereik. Ons het mekaar nodig. Niemand kan so 'n groot taak alleen aanpak om in so 'n uiters dringende behoefte te probeer voorsien nie. Die beste manier om Jesus se genade vir die wêreld te wys is deur saam te staan en die gawes, ondervindinge en wysheid wat God aan ons elkeen gegee het, te gebruik — selfs ook in ons onvolmaaktheid. Elkeen het ‘n rol om te vervul in die sendingopdrag.
Gehoorsaam
Deel ‘n geleentheid waar jy gesien het hoe God mense met verskillende gawes en ondervindinge gebruik om Hom te verheerlik.
Watter rol(le) vervul jy tans in die sendingopdrag? Deel jy jou geloof? Bid jy vir mense wat nog nie bereik is nie en vir die sendelinge wat hulle bedien? Dra jy by tot bedieninge wat spesifiek fokus op onbereikte mense? Is jy ‘n voorstander, mobiliseerder of aanmoediger vir sendelinge? Bid oor wat jy huidiglik doen en vra God om vir jou te wys watter stappe Hy volgende vir jou in gedagte het.
Skryf een aspek neer waartoe jy jou hierdie week sal verbind in gehoorsaamheid aan die sendingopdrag.
Aangaande hierdie leesplan

Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.
More
Ons wil graag Team Expansionn bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://teamexpansion.org/
Verwante Leesplanne

Staan weer op

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Voltydse Volharding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
