Ongelyk GejukVoorbeeld

Unequally Yoked

DAG 3 VAN 4

Moenie in God se Pad Staan Nie

Oordenking:

Jy kan sonder twyfel weet dat God daagliks jou huweliksmaat opsoek. Hy het 'n plan. Heel moontlik is jy deel van sy plan, maar moenie in sy pad staan nie.

Nie Kristi of Matt was Christene toe hulle op vyf-en-twintig in die huwelik getree het nie. Dit was nie asof hulle teen die kerk gekant was nie. Hulle het net nooit die nodigheid daarvoor ingesien nie. Hulle lewe was sorgvry. Albei het goeie loopbane gehad en hulle het besluit om 'n paar jaar te wag voordat hulle met 'n gesin begin.

Matt was uitstedig toe Christi se kamermaat van universiteitsdae die naweek vir haar kom kuier het. Allison en Kristi het kontak behou, maar die vriendskap het nie oor die afgelope paar jaar gegroei nie. Kristi het dus uitgesien om in te haal. Reeds die eerste aand nadat Allison aangekom het, het Kristi opgemerk dat daar iets aan Allison verander het. Sy het selfs 'n Bybel saamgebring! Kristi was nuuskierig en Allison was gewillig om haar alles te vertel. Teen Sondagoggend het hulle 'n kerk gesoek waar hulle 'n diens kon bywoon. Sondagaand het Kristi se lewe vir ewig verander.

In opgewondenheid het Kristi haar ondervinding met Matt gedeel, maar hy het koud teenoor alles gestaan. Sy wou so graag dat hy Jesus leer ken. Sy het hom gedurig van Jesus vertel en het Matt saamgeneem kerk toe. Een naweek het sy aanhoudend vir hom "gepreek". Sy kon nie verstaan wat Matt se probleem was nie. Hy het net al verder en verder van God af wegbeweeg.

Kristi het dit met Allison bespreek en besef sy staan in God se pad. God het 'n plan met Matt en sal hom self nader aan Hom trek. Haar gesprekke sou wel 'n voordeel vir hul huwelik inhou, maar Matt sou God nie op dieselfde manier vind as sy nie. Uiteindelik het sy Allison se raad gevolg, en teruggestaan. Dit was vir haar duidelik dat haar rol was om te bid, en nie langer in God se pad te staan nie.

Vandag se Uitdaging:

Staan jy in God se pad? Indien wel, waar moet jy terugstaan en God vertrou?

Delf Dieper:

Wanneer iemand tot bekering kom en Jesus as Verlosser aanvaar, juig die engele in die hemel. In ons kerk, klap ons kliphard hande. Die opwinding is aansteeklik, en ons wil hê dat almal wat ons liefhet dit moet ervaar. Dink aan wat jou aangetrokke laat voel het toe jy na Jesus gekom het. Wat sou jou afgestoot het? Wanneer jy jou geloof met andere wil deel, soek eers biddende God se wysheid. Bly 'n treetjie agter God as jy geneig is om die leiding te wil neem. Vertrou Hom met die proses.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Unequally Yoked

Hoe leef ek saam met 'n huweliksmaat wat nie in God glo nie? Deesdae is dit nie 'n ongewone vraag nie, en paartjies wat met hierdie situasie te kampe het, kom baie probleme teë. Sonder 'n gedeelde fondament van geloof in Christus, is die huwelik ongebalanseerd. In hierdie leesplan kry jy hulp by Dr. Kim Kimberling oor wat jy kan doen indien jy in jou huwelik in 'n ongelyke juk trek.

More

Graag wil ons Dr Kim Kimberling en "Awesome Marriage" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek: http://awesomemarriage.com/